My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 27 VAN 30

Draai Terug Of Stap Saam Met Jesus

Wat 'n indringende vraag! Ons Heer se woorde tref ons dikwels eers wanneer Hy op die eenvoudigste manier praat. Ten spyte van die feit dat ons weet wie Jesus is, vra Hy: "Wil jy ook weggaan?" Ons moet voortdurend 'n avontuurlustige houding teenoor Hom handhaaf, ongeag enige moontlike persoonlike risiko.

"Van daardie tyd af het baie van Sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gegaan nie" (Joh 6:66). Hulle het teruggedraai nadat hulle saam met Jesus gegaan het; nie na sonde toe nie, maar weg van Hom af. Baie mense stort vandag hulle harte uit deur vir Jesus Christus te werk, maar wandel nie regtig saam met Hom nie. Een ding wat God voortdurend van ons vereis, is om een met Jesus Christus te wees. Nadat ons deur heiligmaking afgesonder is, moet ons ons lewens geestelik dissiplineer sodat ons hierdie intieme eenwees kan handhaaf. Wanneer God jou 'n duidelike bepaling van Sy wil vir jou lewe gee, is al jou probeerslae om daardie verhouding op 'n bepaalde manier te handhaaf, heeltemal onnodig. Al wat nodig is, is om 'n lewe van algehele afhanklikheid van Jesus Christus te lei. Moenie probeer om jou lewe saam met God op enige ander manier te leef as net op Sy manier nie. En Sy manier beteken algehele toewyding aan Hom. Om geen besorgdheid te hê oor die onsekerhede wat voorlê nie, is die geheim om saam met Jesus te wandel.

Petrus het in Jesus slegs iemand gesien wat verlossing vir hom en die wêreld kon bied. Maar ons Heer wil hê dat ons medearbeiders saam met Hom moet wees. In vers 70 het Jesus vir Petrus liefdevol daaraan herinner dat hy gekies is om saam met Hom te gaan. En elkeen van ons moet hierdie vraag vir onsself en niemand anders nie, beantwoord: "Wil jy ook weggaan?"

Heer, hoe min voeding het ek aan die inwonende Christus in my gegee; O Heer, vergewe my. Vul my met die volle bewustheid van U vergifnis, sodat ek nie net vreugde in U verlossing ervaar nie, maar dat ek met U Gees gevul sal wees om die werk wat U my gegee het te kan doen.

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for His Highest" vry te stel. Dis ontwerp om 'n nuwe geslag aan die tydlose waarhede uit die Bybel bekend te stel. Hierdie versameling bevat ook Oswald Chambers se persoonlike gebede.

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org