My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 11 VAN 30

Maak Plek Vir God

As dienaars van God moet ons leer om vir Hom plek te maak—om Hom "genoeg ruimte" te gee. Ons beplan en dink en voorspel dat dit of dat sal gebeur, maar ons vergeet om vir God plek te maak om in te kom soos Hy verkies. Sal ons verbaas wees as God in ons vergadering of prediking inkom op 'n manier wat ons nooit verwag het nie? Moenie verwag dat God op 'n spesifieke manier moet kom nie, maar verwag Hom tog. Die manier om plek vir Hom te maak, is om te verwag dat Hy sal kom, maar nie op 'n sekere manier nie. Ongeag hoe goed ons God mag ken, die wonderlike les om te leer, is dat Hy enige oomblik kan inkom. Ons is geneig om hierdie verrassingselement mis te kyk, en tog werk God nooit op enige ander manier nie. Ewe skielik kom God in ons lewe—"wanneer dit Hom behaag."

Hou jou lewe voortdurend in kontak met God sodat Sy verrassende krag op enige stadium kan deurbreek. Leef in 'n gedurige toestand van afwagting, en laat God toe om in te kom wanneer Hy so besluit.

Here, blaas U asem oor my totdat my hele lewe met U gedagtes deurweef is. Verhef my totdat ek U aangesig kan sien en sonder vrees of ongeloof op U Almagtigheid kan vertrou.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for His Highest" vry te stel. Dis ontwerp om 'n nuwe geslag aan die tydlose waarhede uit die Bybel bekend te stel. Hierdie versameling bevat ook Oswald Chambers se persoonlike gebede.

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org