My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 10 VAN 30

God se Meesterlike Doel

Die gesig wat Paulus op die pad na Damaskus gehad het, was nie 'n verbygaande emosionele ervaring nie, maar 'n gesig wat baie duidelike en uitdruklike riglyne vir hom gegee het. En Paulus het gesê: "Ek was nie aan die gesig uit die hemel ongehoorsaam nie" (Handelinge 26:19). Ons Here het eintlik vir Paulus gesê: "Jou hele lewe moet deur My oorheers of onderwerp word; jy moet geen einde, geen mikpunt en geen doel behalwe My hê nie." En die Here sê ook vir ons: "Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan. . . " (Joh. 15:16).

Wanneer ons wedergebore is, as ons hoegenaamd geestelik is, het ons visioene van wat Jesus wil hê ons moet wees. Dit is belangrik dat ek leer om nie "ongehoorsaam aan die hemelse visie te wees nie"—om nie te twyfel dat dit bereik kan word nie. Dit is nie genoeg om verstandelik erkenning te gee aan die feit dat God die wêreld verlos het, of om te weet dat die Heilige Gees alles wat Jesus gedoen het, 'n werklikheid in my lewe kan maak nie. Ek moet die grondslag van 'n persoonlike verhouding met Hom hê. Paulus het nie 'n boodskap of 'n leerstelling ontvang om te verkondig nie. Hy is in 'n duidelike, persoonlike en oorweldigende verhouding met Jesus Christus gebring. Handelinge 26:16 is uiters gebiedend ". . jy sal my dienaar en getuie wees. . . " Daar sou niks wees sonder 'n persoonlike verhouding nie. Paulus was toegewy aan 'n Persoon, nie aan 'n saak nie. Hy het geheel en al aan Jesus Christus behoort. Hy het niks anders gesien en vir niks anders geleef nie. "Want ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat as oor Jesus Christus, die gekruisigde nie" (1 Korintiërs 2: 2).

O Here, bind my aan U vas met sterk bande van toegewyde liefde; omkring my met U Voorsienigheid vir U doeleindes; laat my groei, sodat ek meer en meer in staat is om tot nut vir U te wees.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for His Highest" vry te stel. Dis ontwerp om 'n nuwe geslag aan die tydlose waarhede uit die Bybel bekend te stel. Hierdie versameling bevat ook Oswald Chambers se persoonlike gebede.

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org