My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 12 VAN 30

Kyk Weer En Word Heilig

'n Eenvoudige stelling van Jesus is altyd vir ons 'n raaisel omdat ons nie eenvoudig wil wees nie. Hoe kan ons die eenvoud van Jesus volhou sodat ons Hom kan verstaan? Deur Sy Gees te ontvang, Hom te erken, vertrou en te gehoorsaam terwyl Hy die waarheid van Sy Woord bring, dan sal die lewe verbasend eenvoudig wees. Jesus vra ons om daaraan te dink dat "as God die gras van die veld so klee. . . " "hoeveel te meer" sal Hy jou beklee, as jy jou verhouding met Hom reghou? Elke keer wanneer ons gemeenskap met God afneem, is dit omdat ons in oneerbiedigheid gedink het dat ons beter weet as Jesus Christus. Ons het die "sorge van die lewe" toegelaat om van ons besit te neem (Matteus 13:22), terwyl ons die "hoeveel te meer" van ons hemelse Vader vergeet het.

"Kyk na die wilde voëls. . . " (6:26). Hulle funksie is om die instinkte wat God in hulle geplaas het te gehoorsaam, en God sorg vir hulle. Jesus het gesê dat as jy in die regte verhouding met Hom is en Sy Gees in jou gehoorsaam, sal God ook vir jou "vere" sorg.

"Let op hoe groei die veldlelies:. . . " (6:28). Hulle groei waar hulle geplant word. Baie onder ons weier om te groei waar God ons plant. Daarom skiet ons nêrens wortel nie. Jesus het gesê as ons die lewe van God in ons sal gehoorsaam, sal Hy na alle ander dinge omsien. Het Jesus Christus dan nie die waarheid gepraat nie? Ervaar ons die "hoeveel te meer" wat Hy belowe het? Indien nie, is dit omdat ons nie die lewe wat God ons gegee het gehoorsaam nie en omdat ons ons denke met verwarrende gedagtes en bekommernisse oorlaai het. Hoeveel tyd het ons gemors deur vir God sinnelose vrae te vra terwyl ons eintlik heeltemal vry moet wees om op ons diens aan Hom te fokus? Heiligmaking is die daad om my voortdurend van alles af te sonder, behalwe dit waarvoor God my aangestel het om te doen. Dit is nie 'n eenmalige ervaring nie, maar 'n voortdurende proses. Is ek voortdurend besig om myself af te sonder en elke dag van my lewe na God te kyk?

O Heer, ek loof U vir die openbaring van U allerhoogste Vaderskap wat deur die genade van die Here Jesus tot my deurdring. O, mag ek die kind van my Vader in die hemel wees!

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for His Highest" vry te stel. Dis ontwerp om 'n nuwe geslag aan die tydlose waarhede uit die Bybel bekend te stel. Hierdie versameling bevat ook Oswald Chambers se persoonlike gebede.

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org