My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 16 VAN 30

Die Verarmde Toepassing van Jesus se Bediening

"Die put is diep"—en selfs heelwat dieper as wat die Samaritaanse vrou besef het (4:11)! Dink aan die dieptes van die menslike natuur en lewe; dink aan die diepte van die "putte" in jou lewe. Het jy die bediening van Jesus beperk, of verarm, tot op die punt waar Hy nie in jou lewe kan werk nie? Veronderstel jy het 'n diep "put" van seerkry en moeilikheid in jou hart, en Jesus kom sê vir jou: "Laat jou hart nie ontsteld wees nie. . . " (Joh. 14: 1). Sou jou antwoord wees om jou skouers op te trek en te sê: "Maar, Here, die put is te diep, en selfs U kan nie stilte en troos daaruit haal nie." Eintlik is dit korrek. Jesus bring niks uit die putte van die menslike natuur nie—Hy bring dit van bo af. Ons beperk die Heilige Een van Israel deur net te onthou wat ons Hom in die verlede toegelaat het om vir ons te doen, en ook deur te sê: "Natuurlik kan ek nie van God verwag om hierdie spesifieke ding te doen nie." Die ding wat grens aan Sy onmeetlike krag, is die eintlike ding waarvoor ons as Sy dissipels geloof moet hê dat Hy sal doen. Ons beperk en verarm Sy bediening in ons lewe die oomblik wanneer ons vergeet dat Hy almagtig is. Die beperking vind in ons plaas en nie in Hom nie. Ons sal na Jesus toe gaan vir troos en simpatie, maar om Hom te nader as ons Almagtige God, laat ons na.

Die rede waarom sommige van ons sulke swak voorbeelde van Christenskap is, is omdat ons nie erken dat Christus almagtig is nie. Ons het Christelike eienskappe en ervarings, maar ons doen nie afstand van onsself nie, en daar is geen oorgawe aan Jesus Christus nie. Wanneer ons in moeilike omstandighede beland, verarm ons Sy bediening deur te sê: "Natuurlik kan Hy niks hieraan doen nie." Ons sukkel om die bodem van ons eie put te bereik om sodoende water vir onsself te kry. Pasop om agteroor te sit en te sê: "Dit kan nie gedoen word nie." Jy sal besef dit kan gedoen word as jy net na Jesus sal kyk. Die put van jou eie beperking is diep, maar wend 'n poging aan om weg van jouself en en eerder na Hom te kyk.

O Here, wat 'n wonder van volkome vertroue sou dit skep as ek maar 'n duidelike woord van U kon kry! Here, spreek dit vandag.

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for His Highest" vry te stel. Dis ontwerp om 'n nuwe geslag aan die tydlose waarhede uit die Bybel bekend te stel. Hierdie versameling bevat ook Oswald Chambers se persoonlike gebede.

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org