My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 18 VAN 30

Wat Wil Jy Hê Moet Die Here Vir Jou Doen?

Is daar iets in jou lewe wat nie net vir jou hinder nie, maar ook 'n steurnis vir ander mense is? As dit so is, is dit altyd iets wat jy nie self kan hanteer nie. "Toe het die wat vooruit gegaan het hom gewaarsku dat hy moes stilbly; maar hy het al harder uitgeroep. . . " (18:39). Hou aan om te soek en te roep totdat jy van aangesig tot aangesig voor die Here self kom. Moenie gesonde verstand verafgod nie. Om kalm toe te kyk, in plaas daarvan om 'n steurnis te veroorsaak in jou soeke na hulp, dien slegs om jou gesonde verstand te verafgod. Wanneer Jesus vra wat Hy vir ons moet doen oor die geweldige probleem wat ons in die gesig staar, onthou dan dat Hy nie volgens ons sogenaamde gesonde verstand werk nie, maar slegs op bonatuurlike maniere.

Kyk hoe ons die Here beperk deur net te onthou wat ons Hom in die verlede toegelaat het om vir ons te doen. Ons sê: "Ek het altyd hier misluk, en ek sal ook altyd." Daarom vra ons nie wat ons wil hê nie. Ons dink eerder: "Dit is belaglik om God te vra om dit te doen." As dit iets onmoontlik is, is dit juis die ding waarvoor ons moet vra. As dit nie iets onmoontlik is nie, is dit nie 'n ware hindernis nie. En God sal doen wat absoluut onmoontlik is.

Hierdie man kon weer sien. Maar die onmoontlikste ding vir jou is om so na aan die Here te wees dat daar letterlik niks van jou ou lewe oorbly nie. God sal dit doen as jy Hom vra. Maar jy moet by die punt kom waar jy glo dat Hy almagtig is. Ons vind geloof nie net deur te glo wat Jesus sê nie, maar selfs meer, deur Jesus self te vertrou. As ons net kyk na wat Hy sê, sal ons nooit glo nie. Sodra ons Jesus eers sien, word die onmoontlike dinge wat Hy in ons lewens doen, so natuurlik soos asemhaal. Ons foltering is net die gevolg van die doelbewuste oppervlakkigheid van ons eie harte. Ons sal nie glo nie; ons sal nie die lyn wat die boot aan die kaai vasbind sny nie—ons verkies om bekommerd te wees.

Ek loof U dat alles wat ek is aan U behoort. O, dat ek aan U vreugde mag bring soos 'n lelie, of 'n boom of selfs die mossies, om net die lewe te lei wat U my gegun het!

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for His Highest" vry te stel. Dis ontwerp om 'n nuwe geslag aan die tydlose waarhede uit die Bybel bekend te stel. Hierdie versameling bevat ook Oswald Chambers se persoonlike gebede.

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org