My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld
![My Utmost For His Highest](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F792%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Het Jy Al Die Pyn Ervaar Wat Deur Die Here Toegedien Word?
Het jy al ooit die pyn wat deur die Here toegedien word tot in jou diepste wese ervaar, tot diep in die mees sensitiewe deel van jou lewe? Die duiwel kan nooit daar pyn toedien nie, nog minder sonde of menslike emosies nie.
Niks anders as die Woord van God kan tot daardie deel van ons wese klief nie. "Petrus was bedroef omdat Jesus hom vir die derde keer gevra het, 'Het jy My lief?' " Tog het die vraag hom bewus gemaak van die feit dat hy tot in die kern van sy wese aan Jesus toegewyd was. En toe het hy begin verstaan wat Jesus se geduldige ondervraging beteken het. Daar was nie die geringste twyfel in Petrus se gemoed nie; hy kon nooit weer twyfel nie. Dit was nie nodig vir 'n vurige reaksie nie; geen onmiddellike aksie of emosionele vertoon was nodig nie. Dit was vir hom 'n openbaring om te besef hoeveel hy die Here werklik liefhet, en in verwondering het hy eenvoudig gesê: "Here, U weet alles . . ." Petrus het daar begin besef hoe baie hy Jesus liefhet, en dit was nie nodig om te sê, "Kyk na hierdie of daardie bewys van my liefde nie." Petrus het begryp hoéveel hy die Here werklik liefhet. Hy het ontdek dat sy oë so vasgenael op Jesus Christus was dat hy niemand anders in die hemel daarbo of op die aarde hieronder gesien het nie. Maar hy het dit nie besef totdat die Here hom die deurdringende, pynlike vrae gevra het nie. Die Here se vrae openbaar altyd aan my die ware ek.
O, die wonder van die geduld en vaardigheid wat Jesus Christus met Petrus gehad het! Ons Here vra nooit vrae voordat die tyd reg is nie. Selde, maar waarskynlik eenmaal in ons elkeen se lewens, sal Hy ons in 'n hoek dryf waar Hy ons met Sy deurborende, pynlike vrae sal konfronteer. Dan sal ons besef dat ons Hom inniger liefhet as wat woorde kan beskryf.
O Here, U het my gedagtes verbreed toe ek in die nood was. O, dat die gedagtes van my hart meer en meer 'n opborreling van genadige skatte sonder einde sal wees!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![My Utmost For His Highest](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F792%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for His Highest" vry te stel. Dis ontwerp om 'n nuwe geslag aan die tydlose waarhede uit die Bybel bekend te stel. Hierdie versameling bevat ook Oswald Chambers se persoonlike gebede.
More