My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld
Is Dit Waar Van My?
Dit is makliker om te dien of vir God te werk sonder 'n visie en roeping, want dan is jy nie gepla met wat Hy nodig het nie. Gesonde verstand, bedek met 'n laag Christelike emosie, word jou gids. Jy mag meer welvarend en suksesvol wees vanuit die wêreld se perspektief, en jy sal meer vrye tyd hê, as jy nooit God se roeping beantwoord nie. Maar wanneer jy eers 'n opdrag van Jesus Christus ontvang het, sal dit wat God van jou vra, altyd in jou gedagtes wees om jou aan te moedig om Sy wil te doen. Jy sal nie langer slegs op grond van gesonde verstand vir Hom kan werk nie.
Wat in my lewe beskou ek as "kosbaar"? As ek nie deur Jesus Christus aangegryp is en my nie aan Hom oorgegee het nie, sal ek die tyd waarop ek besluit om aan God te gee en aan my eie idees van diens, as kosbaar beskou. Ek sal ook my eie lewe as "kosbaar" beskou. Maar Paulus het gesê dat hy sy lewe as kosbaar beskou net sodat hy die bediening wat hy ontvang het kon vervul en hy het geweier om sy energie aan enigiets anders te wy. Hierdie vers toon 'n byna edele ergernis by Paulus om gevra te word om homself hoegenaamd in aanmerking te neem. Geen ander oorweging was vir hom van enige belang nie, behalwe om die bediening wat hy ontvang het, te vervul. Ons gewone en redelike diens aan God kan in der waarheid meeding met ons totale oorgawe aan Hom. Ons redelike werk is op die volgende argument gebaseer, wat ons aan onsself voorhou: "Onthou hoe nuttig jy hier is, en dink aan hoe waardevol jy in daardie spesifieke soort werk sal wees." Met daardie houding kies ons ons eie oordeel, in plaas van Jesus Christus s'n, om ons te lei waarheen ons moet gaan en waar ons die beste gebruik kan word. Moet dit nooit oorweeg of jy van nut is of nie—maar dink altyd daaraan dat '"julle nie aan julself behoort nie' (1 Korintiërs 6:19). Jy is Syne.
O Heer, gee my deur U genade 'n geopende visie, tot U en U oneindige horisonne en sluit my in U planne in ten opsigte van U werk op hierdie plek.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for His Highest" vry te stel. Dis ontwerp om 'n nuwe geslag aan die tydlose waarhede uit die Bybel bekend te stel. Hierdie versameling bevat ook Oswald Chambers se persoonlike gebede.
More