Ontdek God se VisieVoorbeeld
'n Goddelike Perspektief
Deur Michael Youssef, Ph.D.
Die bron van baie van ons probleme, afsonderlik, gesamentlik, en in ons kultuur, is die gebrek aan 'n Goddelike perspektief. Wanneer ons nie die regte siening oor God het nie, het ons ook nie die regte siening oor mense, die natuur of die skepping nie.
In Psalm 8:4-5 sê Dawid: "As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?"
Dawid, die herderseun wat baie nagte in die ope veld deurgebring en na die sterre opgekyk het terwyl hy sy trop skape oppas, was in staat om die Skepper van die sterre te prys. Hy was in staat om verby die skepping te kyk en die Skepper God raak te sien. Met die sterrestelsels wat deur die lug dans, was hy nie verwonderd oor die sterre nie, maar deur die majesteit van die Een wat die sterre in hulle wentelbane geplaas het.
Die God wat alles geskape het, het dit met sulke volmaaktheid gedoen. "Wat is die mens dan dat U aan hom dink ...?" sê die psalmis (Psalm 8:5). Hoe klein is ons tog teen hierdie uitgestrekte, kosmiese agtergrond nie. Hoe verstommend dat die God van hierdie omvangryke heelal, die God wat dit alles geskape het en in stand hou, aan ons sou dink.
Gebed: Skepper God, wanneer ek besef hoeveel u hande gemaak het, is ek verbyster dat U soveel vir my omgee. Dankie! Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.
" Hy gee opdrag aan die son en dit kom nie op nie, Hy verseël die sterre en hulle skyn nie. Hy het die hemel soos 'n tent gespan, Hy alleen, en Hy hou die golwe van die see in bedwang" (Job 9:7-8).
***
Was hierdie leesplan vir jou van waarde? Leer nog meer oor God se visie vir jou lewe.
Aangaande hierdie leesplan
Net soos Ester het God jou lewe bestem vir 'n tyd soos hierdie. Sy hemelse doelwitte vir jou word bekendgemaak en vervul deur 'n daaglikse verhouding met Hom. In hierdie 10-dag leesplan deur Dr. Michael Youssef, sal jy bemoedig word om God te soek en te reageer op sy visie vir jou lewe. Leer hoe om in geloof te wandel en God in meer diepte te leer ken terwyl jy met sy ewige perspektief lewe.
More