Ontdek God se VisieVoorbeeld

Discover God's Vision

DAG 9 VAN 10

Fokus op Christus

Deur Michael Youssef, Ph.D.

Een van die moeilikste lesse wat ons ooit sal leer, is hoe om 'n negatiewe situasie om te keer en in 'n positiewe een te verander. Koning Dawid herinner ons in Psalm 23 dat dit alles 'n saak van geloof en perspektief is. Hy skryf: "Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig" (Psalm 23:4).

Dawid se woorde is trapklippe tot 'n groot geloof. Trouens, as ons die beginsel beoefen wat hy geleef het, sal God 'n oorwinnende geloof in ons lewens ontwikkel.

Dawid het met teëspoed geleef en van tyd tot tyd sal ons ook. Niemand ontsnap van moeilikheid nie. Dit is deel daarvan om in 'n gevalle wêreld te leef, maar ons hoef nie met gevoelens van nederlaag, ontmoediging en kritiek te leef nie.

Jy mag dalk dink: Jy ken nie my omstandighede nie. Daar is geen manier waarop jy die druk wat ek voel, kan verstaan nie of die ontmoediging wat my hart kwel nie.

Al weet ons nie regtig of verstaan ons nie die seer wat 'n ander persoon ondervind nie, weet ons daar is een persoon wat volkome verstaan — en dit is Jesus Christus.

Hy is verwerp, verraai, gekritiseer en gekruisig. As jy iemand soek wat kan identifiseer met die pyn wat jy voel, doen wat Dawid gedoen het — besef daar is Een wat saam met jou deur die vallei loop. Dit maak nie saak hoe donker die lewe word nie, Hy sal jou na uiteindelike oorwinning in Hom lei.

Gebed: Vader, wanneer ek moeilikhede en ontmoediging in die gesig staar, help my om te onthou dat U verstaan waardeur ek gaan. Help my om op U te fokus en te onthou dat ek nie alleen is nie. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.

"Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin” (Johannes 16:33).

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Discover God's Vision

Net soos Ester het God jou lewe bestem vir 'n tyd soos hierdie. Sy hemelse doelwitte vir jou word bekendgemaak en vervul deur 'n daaglikse verhouding met Hom. In hierdie 10-dag leesplan deur Dr. Michael Youssef, sal jy bemoedig word om God te soek en te reageer op sy visie vir jou lewe. Leer hoe om in geloof te wandel en God in meer diepte te leer ken terwyl jy met sy ewige perspektief lewe.

More

We would like to thank Leading The Way for providing this plan. For more information, please visit: www.LTW.org