Ontdek God se VisieVoorbeeld
![Discover God's Vision](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F743%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Voorsien in Behoeftes
Deur Michael Youssef, Ph.D.
Om 'n visie te hê en dit na te volg, is nie net vir groot dromers en mense wat die wêreld wil verander nie. As Christene is ons almal deur God geroepe om sy plan en doel vir ons lewens na te streef. Om 'n visie te hê, sal beide jou bestemming en rigting bepaal om God se doelwitte te vervul.
Visies kan groot of klein wees. Hulle kan wêreldwyd of plaaslik wees. 'n Visie hoef nie ingewikkeld te wees nie. Die kern van 'n lewensvisie is om 'n nood raak te sien — en in daardie nood te voorsien.
God het ons met 'n doel in ons beroepe, ons woonbuurte en ons gesinne geplaas — om in die nood om ons te voorsien. Ware visioenêre mense is diegene wat die vermoë het om die nood om hulle raak te sien, asook om die vasberadenheid en gewilligheid te hê om op daardie nood te reageer.
Hoe dikwels sien ons 'n nood raak, maar doen tog niks daaraan nie? Ons mag medelye of besorgdheid voel, maar tog staan ons terug en doen niks nie. Ons is onwillig om ons gemak, ons reputasie, en ons sekuriteit te waag. Ons kan egter nie daardie visioenêre persoon vir God wees tensy ons gewillig is om alles vir Hom te waag nie.
God wil hê jy moet 'n verskil in die lewens van ander mense maak. Hy het met 'n rede aan jou seëninge, gawes, talente, hulpbronne en verbintenisse gegee.
Gebed: Vader, gee my die vermoë om die behoeftes om my raak te sien en ook die bereidwilligheid en moed om in daardie behoeftes te voorsien. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.
"Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde van God in hom wees?" (1 Johannes 3:17).
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Discover God's Vision](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F743%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Net soos Ester het God jou lewe bestem vir 'n tyd soos hierdie. Sy hemelse doelwitte vir jou word bekendgemaak en vervul deur 'n daaglikse verhouding met Hom. In hierdie 10-dag leesplan deur Dr. Michael Youssef, sal jy bemoedig word om God te soek en te reageer op sy visie vir jou lewe. Leer hoe om in geloof te wandel en God in meer diepte te leer ken terwyl jy met sy ewige perspektief lewe.
More