Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies Voorbeeld
Klaaglied Vir 'n Vriend
As 'n pastoor is ek dikwels gevra om begrafnisdienste te lei. Tipies sou die begrafnisondernemer my 'n 3 x 5-indekskaart gee met al die besonderhede oor die oorledene, sodat ek oor hom of haar ingelig sou wees. Ek het egter nooit daaraan gewoond geraak nie. So prakties en nodig as wat dit kon wees, het dit 'n bietjie gemeen blyk te wees om 'n persoon se aardse lewe te neem en dit te verklein tot die grootte van 'n indekskaart. Die lewe is te groot vir dit.
Nadat Dawid die nuus van Jonatan se dood ontvang het, het hy tyd deurgebring om die lewe van sy vriend te onthou – selfs om 'n klaaglied te skryf wat ander kon sing as 'n manier om Jonatan te respekteer (2 SAMUEL 1:17-27). Dawid het gedink aan sy vriend se moed en vaardigheid, en hy het gepraat van die droefheid wat veroorsaak het dat hy diep geweeklaag het. Hy het 'n ryk, aangename, heldhaftige lewe vereer. Vir Dawid was dit 'n intense tyd van rou en herinnering.
Wanneer ons treur oor 'n geliefde, is dit noodsaaklik om ons te herinner aan die gekoesterde besonderhede en gedeelde ondervindinge van ons lewe saam. Daardie herinneringe oorstroom ons harte met baie meer gedagtes as wat 'n indekskaart kan bevat. Die dag waarop hartseer ons besoek, is nie 'n tyd vir kort opsommings en vinnige momentopname van ons geliefde se lewe nie.
Dit is 'n tyd om ernstig na te dink en God te dank vir die besonderhede, die verhale en die impak van 'n hele lewe. Dit is 'n tyd om te stop, te reflekteer en te eer. — Bill Crowder
Kosbare herinneringe van die lewe kan die groot hartseer van die dood versag.

Aangaande hierdie leesplan
Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.
More
We would like to thank Our Daily Bread for providing this plan. For more information, please visit: www.odb.org/app