Ons Daaglikse Brood 15-dae UitgaweVoorbeeld
Ons Buig Neer
Om te kniel, was nie een van die antieke Grieke en Romeine se praktyke nie. Hulle was van mening dat 'n vry man nie waardig was om te buig nie. Dit was nie geskik vir die Griekse kultuur nie en was net gepas vir barbare. Die geleerdes Plutarch en Theophrastus was van mening dat kniel 'n teken van bygeloof was. Aristotel het dit barbaarse gedrag genoem. God se volgelinge was nooit van dieselfde mening nie.
In Psalm 95:6 sê die psalmdigter dat dit 'n uitdrukking van respek vir God is as ons kniel. Hy gebruik drie verskillende Hebreeuse woorde in hierdie vers om te verduidelik wat die gesindheid en posisie van 'n aanbidder behoort te wees.
Eerstens gebruik hy die woord 'aanbidding', wat beteken om neer te val as 'n teken van eer vir die Here. Dit veronderstel ook dat jy getrou is aan Hom. Die tweede woord wat gebruik word is 'buig'. Dit beteken dat 'n mens op jou knieë gaan as respek en in aanbidding tot die Here. Daarna gebruik die psalmdigter die woord 'kniel'. Dit beteken dat jy op jou knieë neerbuig terwyl jy God eer.
Volgens die psalmdigter is kniel 'n teken van eerbied en glad nie barbaars nie. Dit raak nie net ons fisieke posisie nie, maar ons behoort ook 'n nederige hart te hê. — Marvin Williams
Almagtige, onvergelykbare, glorieryke God
U wat die ewigheid bewoon
Ek buig voor U en prys U
Verootmoedig dat U binne my leef. — Sper
Ons gesindheid is meer belangrik as ons posisie terwyl ons God aanbid.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons wil jou aanmoedig om 'n daaglikse, intieme en noue verhouding met God aan te knoop. Ons Daaglikse Brood bied miljoene lesers wêreldwyd die geleentheid om hulle stiltetyd met dagstukke van toewyding te verryk. In net 'n paar minute per dag, sal die inspirerende en lewensveranderende stories jou na ons Hemelse Vader lei met wysheid en beloftes uit sy Woord wat nooit verander nie.
More
Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: www.odb.org/app