Ons Daaglikse Brood 15-dae UitgaweVoorbeeld

Our Daily Bread 15-Day Edition

DAG 6 VAN 15

Verlore Gebede

Die hoofberig lees: Onbeantwoorde Gebede: Briewe Aan God In die See Gevind. Die 300 briewe wat aan 'n New Jersey predikant gestuur is, is onoopgemaak in die see gegooi. Die predikant was al oorlede. Hoe die briewe langs die New Jersey kus beland het, is 'n raaisel.
Die briewe was aan die predikant geadresseer, want hy het belowe om vir die versoeke te bid. Sommige versoeke was vir onbenullige goed; ander is deur bekommerde ouers, kinders en weduwees geskryf. Hulle het hulle harte teenoor God uitgestort en hulp gevra vir familielede wat aan dwelms of drank verslaaf was, of wederhelftes wat egbreuk gepleeg het. Een persoon het gevra dat 'n man en pa hul kind moes liefkry. Die joernalis het afgesluit met die gevolgtrekking dat al die gebede "onbeantwoord" was.

Dis egter nie waar nie! Die briefskrywers wat vir God om hulp gevra het, is aangehoor. Geen opregte gebed gaan verlore nie. "U weet waarna ek smag, Here, my gesmeek is vir U geen geheim nie," het Dawid in Psalm 38:10 geskryf in die tyd van 'n persoonlike krisis. Hy het geweet dat ons ons kommer na die Here kan bring, selfs al bid niemand anders vir ons nie. Hy sluit met vertroue soos volg af: "Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor" (Psalm 86:7). — David Roper

God maak 'n belofte
Hy hoor en antwoord gebed
Hy hoor jou smeekgebed
Werp jou kommer op Hom. — Bernstecher

Jesus hoor ons sagste uitroep.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread 15-Day Edition

Ons wil jou aanmoedig om 'n daaglikse, intieme en noue verhouding met God aan te knoop. Ons Daaglikse Brood bied miljoene lesers wêreldwyd die geleentheid om hulle stiltetyd met dagstukke van toewyding te verryk. In net 'n paar minute per dag, sal die inspirerende en lewensveranderende stories jou na ons Hemelse Vader lei met wysheid en beloftes uit sy Woord wat nooit verander nie.

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: www.odb.org/app