Leesplan inligting

Ons Daaglikse Brood 15-dae UitgaweVoorbeeld

Our Daily Bread 15-Day Edition

DAG 11 VAN 15

Reik Na …

'n Televisie advertensie vra die vraag: "Wat soek jy as jy gespanne is?" Die voorstel is: "Reik na (die produk se naam)."

Daar is net soveel maniere waarop mense spanning probeer hanteer as wat daar mense is. Drink 'n drankie. Blameer God. Ooreet jouself. Krop jou gevoelens op. Blameer ander mense. Sulke reaksies mag ons dalk kalmeer, maar hulle is net 'n tydelike oplossing om van ons probleme te ontsnap. Niks wat ons gebruik, kan die probleme wegvat nie. In Psalm 55:5 en 7 beskryf koning Dawid sy begeerte om van sy moeilikhede af te ontsnap: "My hart pyn binne-in my. As ek maar vlerke het soos ’n duif, dan sal ek wegvlieg en rus hê!” Nadat sy vriend en vertroueling, Agitofel, hom bedrieg het deur die vyand te help, wou Dawid wegvlug (verse 13-14). (Lees ook 2 Samuel 15.) In Psalm 55 sê Dawid dat hy in sy pyn na God uitgereik het (verse 2,3 en 18).

Waarna reik jy uit? Die outeur Susan Lenzkes stel voor dat ons na die Here uitreik en ons hart voor Hom uitstort. Sy skryf: "Dis reg so — jy kan jou vrae, pyn en woede na God bring en Hy sal nie seergemaak voel nie ... ons slaan met ons vuiste op sy bors terwyl Hy ons in sy arms vashou." — Anne Cetas

Christen, as jou pad donker lyk
En jou oë vol trane is
Hardloop na God die Vader
Vertel Hom van jou probleme. — Anoniem

Wanneer ons ons sorge in God se hande plaas, plaas Hy vrede in ons harte.
Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread 15-Day Edition

Ons wil jou aanmoedig om 'n daaglikse, intieme en noue verhouding met God aan te knoop. Ons Daaglikse Brood bied miljoene lesers wêreldwyd die geleentheid om hulle stiltetyd met dagstukke van toewyding te verryk. In net ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: www.odb.org/app

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid