Ons Daaglikse Brood 15-dae UitgaweVoorbeeld

Our Daily Bread 15-Day Edition

DAG 13 VAN 15

Net vir die Vertoon

Mense koop deesdae baie ou boeke met leer omslae, net omdat die omslag mooi is en nie omdat hulle die boek wil lees nie. Binnehuis versierders koop ook baie en gebruik dit om 'n warm, outydse atmosfeer te skep in die huise van hulle ryk kliënte.

Dit is uiters belangrik dat hulle sal pas by die kamer se dekor. Een welgestelde sakeman het 13 000 ou boeke gekoop wat hy nooit gaan lees nie. Hy wil net 'n biblioteek atmosfeer in sy opgeknapte huis skep. Hierdie boeke is net vir die vertoon.

'n Huis kan baie mooi versier word, maar dis 'n gevaarlike manier om te lewe. Jesus het baie skrifgeleerdes van sy tyd vermaan omdat hulle nie die lewe gelei het wat hulle voorgeskryf het nie. Hulle was verslaaf aan bewondering en 'n gevoel van belangrikheid. In plaas daarvan dat hulle die deur van die koninkryk van die hemele vir mense oopgemaak het, het hulle die deur in hulle gesigte toegemaak. Jesus het dit oor hulle te sê gehad: "Alles wat hulle doen, is vir die uiterlike vertoon" (Matteus 23:5).

Die Here roep ons om mense van waarde te wees en nie net vir die vertoon nie. Ons kan God se teenwoordigheid in ons lewens aan die wêreld vertoon deur nederig te wees. "Die belangrikste een onder julle moet die een wees wat dien" (Matteus 23:11).

As kinders van God is ons innerlike kwaliteite meer belangrik as ons uiterlike vertoon. Ons is hier vir meer as net om gesien te word. — David McCasland

Laat my wil God se wil wees
Vra geen vrae, soek geen plek
Dien in nederigheid, met vreugde
Laat Sy waarheid en genade skyn.— Anoniem

As God beheer het oor jou binneste, sal jou uiterlike in ooreenstemming wees.
Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread 15-Day Edition

Ons wil jou aanmoedig om 'n daaglikse, intieme en noue verhouding met God aan te knoop. Ons Daaglikse Brood bied miljoene lesers wêreldwyd die geleentheid om hulle stiltetyd met dagstukke van toewyding te verryk. In net 'n paar minute per dag, sal die inspirerende en lewensveranderende stories jou na ons Hemelse Vader lei met wysheid en beloftes uit sy Woord wat nooit verander nie.

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: www.odb.org/app