Ons Daaglikse Brood 15-dae UitgaweVoorbeeld

Our Daily Bread 15-Day Edition

DAG 15 VAN 15

Die Oplossing Vir Nutteloosheid

Eenkeer het ek onderhoude gehoor van oorlewendes van die Tweede Wêreldoorlog. Die soldate het 'n spesifieke dag se gebeure onthou. Een van hulle het in 'n jakkalsgat gesit. 'n Duitse tenker het 'n paar keer daar verby gery en hy het daarna geskiet. Ander het kaart gespeel en die tyd om gewens. 'n Paar het vuurgevegte gehou. Die dag het maar soos enige ander dag verloop. Later sou hulle uitvind dat hulle deel was van die belangrike Slag van die Bulge. Dit het nie destyds gevoel of hulle deel van iets groots was nie, want hulle het nie die geheelbeeld gesien nie.

Groot oorwinnings word behaal as doodgewone mense doen wat hulle moet doen. Toe die volgelinge van Ignatius (1491– 1556) tye van nutteloosheid ervaar het, het hy altyd hierdie oplossing voorgeskryf: "In tye van verlatenheid moet ons nie 'n verandering aanbring nie, maar sterk staan in die besluite en voornemens van die vorige dag." Geestelike gevegte moet met wapens geveg word wat die moeilikste hanteer: gebed, oordenking, selfondersoek en sondebelydenis.

Dalk voel dit vir jou of jy in 'n geestelike groef is. Hou net aan doen wat jy moet doen! Wees gehoorsaam aan God, dis al wat jou daaruit sal kry. — Philip Yancey

As gemak min raak
Gee Hy weer eens die siel
'n Seisoen van helderheid
'n Gejuig na die reën. — Cowper

As dit voel of jou geloof min raak, gaan terug na die plek waar jy ongehoorsaam was.
Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread 15-Day Edition

Ons wil jou aanmoedig om 'n daaglikse, intieme en noue verhouding met God aan te knoop. Ons Daaglikse Brood bied miljoene lesers wêreldwyd die geleentheid om hulle stiltetyd met dagstukke van toewyding te verryk. In net 'n paar minute per dag, sal die inspirerende en lewensveranderende stories jou na ons Hemelse Vader lei met wysheid en beloftes uit sy Woord wat nooit verander nie.

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: www.odb.org/app