Ons Daaglikse Brood 15-dae UitgaweVoorbeeld

Our Daily Bread 15-Day Edition

DAG 4 VAN 15

Die Waggeldans

Hoe lei bye mekaar na nektar toe? Wetenskaplikes sê hulle doen 'n waggeldans. Toe die Nobelpryswenner dierkundige, Karl von Frisch, die teorie in die sestigerjare bekendgemaak het, was almal skepties daaroor. Navorsers in die Verenigde Koninkryk het onlangs klein radaropsporingstelsels aan die werkerbye vasgemaak en Frisch se teorie bevestig. Hulle het uitgevind dat die bye 'n sein na mekaar stuur deur middel van die waggeldans, sodat die nektarbron opgespoor kan word.
Die vrou by Jakob se put wat met Jesus gesels het, het ook 'n manier gevind om die gemeenskap te laat weet wat sy ontdek het — lewende water (Johannes 4:10). Hulle was nuuskierig om uit te vind hoekom die vrou, wat al vyf mans gehad het en nou saam met een woon, so gretig was om hulle aan 'n man voor te stel. "Kom kyk, hier is 'n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het" (Johannes 4:29).

Terwyl die skare oppad was, het die Een wat Homself die "brood van die lewe" noem, sy dissipels vertel dat sy voedsel gevind kon word deur die wil van sy Vader te doen (Johannes 6:48 en Johannes10:32,34).

Jesus is die lewende water en voedsel vir ons siel. Ons word werklik versadig as ons saam met Hom werk om die wil van God te doen en die werk te voltooi wat Hy vir ons gegee het. — Mart DeHaan

Wees 'n goeie getuie
Sodat die wêreld kan sien en hoor
Dat God se verlossing naby is
Vir almal wat Hom wil ken. — Hess

Lei ander ook na die bron as jy kos vir jou siel gevind het.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread 15-Day Edition

Ons wil jou aanmoedig om 'n daaglikse, intieme en noue verhouding met God aan te knoop. Ons Daaglikse Brood bied miljoene lesers wêreldwyd die geleentheid om hulle stiltetyd met dagstukke van toewyding te verryk. In net 'n paar minute per dag, sal die inspirerende en lewensveranderende stories jou na ons Hemelse Vader lei met wysheid en beloftes uit sy Woord wat nooit verander nie.

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: www.odb.org/app