Ons Daaglikse Brood 15-dae UitgaweVoorbeeld

Our Daily Bread 15-Day Edition

DAG 2 VAN 15

Te Vroeg om Handdoek in te Gooi

Chris Couch was maar net 16 jaar oud toe hy gekwalifiseer het om aan die PGA Gholftoernooi deel te neem. Mense het gou van hom begin praat as die volgende gholf wonderkind en sukses voorspel vir baie jare.

Die lewe was egter nie so lekker vir hom nie. Hy het nie skielike sukses ervaar nie, maar moes 'n maraton van 16 jaar en 3 mini toernooie deurmaak. Hy het volgehou en nie handdoek ingegooi nie. Uiteindelik, op 32, het hy vir die eerste keer 'n toernooiwenner geword in die New Orleans Ope Toernooi. Sy deursettingsvermoë is beloon, maar dit was nie maklik nie.

In sy boek "A Long Obedience in the Same Direction", herinner Eugene Peterson ons daaraan dat die Christelike lewe meer soos 'n maraton is as 'n 100 meter naelloop. Hy sê dat ons geroep is om aan te hou met die 'maraton', want dit maak die lewe die moeite werd.

Met God se genade en krag kan ons ook met deursettingsvermoë die lewensreis aanpak (Hebreërs 12:1). Die Here het vir ons 'n voorbeeld gestel om ons te help en aan te moedig. Ons kan dus ook soos die apostel Paulus hardloop om die prys te ontvang, die "onverganklike kroon" (1 Korintiërs 9:25).

Dis altyd te vroeg om handdoek in te gooi. — Bill Crowder

Gee my geloof wat nie ophou nie
Al druk die vyand my
Laat my nie sidder nie
Al staan die vyand voor my. — Bathurst

Hardloop die wedren met die ewigheid in gedagte.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread 15-Day Edition

Ons wil jou aanmoedig om 'n daaglikse, intieme en noue verhouding met God aan te knoop. Ons Daaglikse Brood bied miljoene lesers wêreldwyd die geleentheid om hulle stiltetyd met dagstukke van toewyding te verryk. In net 'n paar minute per dag, sal die inspirerende en lewensveranderende stories jou na ons Hemelse Vader lei met wysheid en beloftes uit sy Woord wat nooit verander nie.

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: www.odb.org/app