Building 429 - Ons Sal Stewig StaanVoorbeeld

Steek Weer 'n Vuur Aan Die Brand
Ons was baie besig met toere deur Kanada. Na vier opvoerings moes ek sonder enige slaap deur die nag bestuur tot by Ottawa en van Kanada na Miami toe vlieg. Daarna het ek na Haiti toe gegaan vir drie dae, weer teruggevlieg en toe die pad gevat om in nog 'n klomp konserte te gaan speel. Ek was werklik uitgeput. Ek was voorheen reeds twee keer in Haiti, en die laaste keer was 'n groot ramp. Daar was 'n oproer aan die gang en ons was vir 'n paar weke daar vasgekeer. Vir 'n paar dae het ons in 'n kas in iemand se huis weggekruip. EK WOU NIE teruggaan Haiti toe nie. Daar het ek die ergste gebeure gesien. Ek het op die vlug aan die slaap geraak toe ek die lirieke van "Set a Fire" hoor. Op daardie stadium was dit nog nie klaar nie. Dit het my soos 'n skoot koue water getref toe ek besef ek is op pad terug Haiti toe sodat God my hart weer aan die brand kan steek. Hy moes die passie in my hart vir ander se pyn weer wakker maak. Ek was so besig om my eie lewe te leef, dinge te reël wat gedoen moes word, dat ek die vuur en begeerte binne my verloor het om die stem vir daardie mense te wees. Ek was so besig om 'n stem te wees dat ek vergeet het om 'n HART TE WEES.
Ek het vergeet waarom ek doen wat ek doen. Ek was so gebreinspoel met die werk wat gedoen moes word, dat ek die werk toegelaat het om die DOEL te wees en nie die MIDDELE nie. Dit is goed om te werk, maar dis nét die MIDDELE om die DOEL te bereik om die waarheid van JESUS CHRISTUS, die Een wat die wêreld kom red het, met ander te deel.
Was jy al op daardie punt? Is jy dalk vandag daar? Hou op. Bid. Vra die Here om jou oë oop te maak sodat jy kan sien jy is so besig om te werk dat jy die geleentheid misloop om deel te wees van die proses om die GEVANGENES TE BEVRY!
Om na al "Building 429" se musiek te luister op "The Overflow" besoek gerus http://oflow.it/00ne/egK4quZffw
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Dove-bekroonde Christelike rockgroep "Building 429" het met "The Overflow Devo" saamgespan om 'n 7-dag leesplan vir YouVersion te skryf. In hierdie leesplan bespreek die hoofsanger, Jason Roy, die Bybelse oorsprong en persoonlike ervarings wat die lirieke van verskeie van hul liedjies op hul nuwe album “We Won’t Be Shaken” geïnspireer het.
More
Verwante Leesplanne

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Delf dieper deur Romeine

Staan weer op

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Voltydse Volharding

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
