Building 429 - Ons Sal Stewig StaanVoorbeeld

Building 429 - We Won't Be Shaken

DAG 5 VAN 7

Blaamloos

Dit is moeilik om te verstaan … Alle kwaad wat jy gedoen het, is skoongewas deur die bloed van Jesus Christus aan die kruis. Ja, die aborsie wat jy nie kan verwerk nie. Ja, die egbreuk wat jy gepleeg het. Ja, die egskeiding waarvoor jy gevra het. Ja, die afgryslike tonele wat jy in die weermag gesien het. Ja, die dwelms wat jy gebruik het. Ja, die voorhuwelikse seks wat jy gehad het. Ja, die leuens wat jy vertel het. Ja, die pornografie wat jy gekyk het. JA, JA, JA.

Jy weet dit, maar steeds kan jy jouself nie vergewe nie, nie waar nie? Jy het oor en oor probeer, maar jy kom net nie oor die fout wat jy gemaak het nie. Ek haat dit om dit te sê, maar die Satan wen elke keer wanneer jy toelaat dat dit gebeur. Ek sê WANNEER JY DIT TOELAAT, want dit is presies wat gebeur. Jy LAAT DIT TOE. Weet jy hoekom die Satan wen? Want die vrees van jou verlede oorwin jou bediening van vandag. Weet jy: "Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie …” Ja, dis reg, almal … ek ook. Die vraag is: wanneer gaan jy toelaat dat God dit so ver wegneem dat jy dit nooit weer sal kry nie, al soek jy hoe hard? Waarskynlik wanneer jy eerlik gaan wees en erken dat jy 'n sondaar is. Wonderlike dinge gebeur wanneer ons eerlik is … die skuldgevoelens verdwyn. Weet jy wat die skuldgevoelens vervang?? Jou getuienis … wat jy met moed en selfvertroue sal deel en wat 'n opskudding in God se koninkryk sal veroorsaak, want jy sal uiteindelik in die lig lewe!

“Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die BLOED VAN JESUS, sy Seun, ons van elke sonde” (1 Johannes 1:7).

Wat van 'n oomblik se eerlikheid … laat jou getuienis toe om jou te definieer, nie jou sonde nie

Luister na die album'We Won't Be Shaken' op The Overflow
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Building 429 - We Won't Be Shaken

Die Dove-bekroonde Christelike rockgroep "Building 429" het met "The Overflow Devo" saamgespan om 'n 7-dag leesplan vir YouVersion te skryf. In hierdie leesplan bespreek die hoofsanger, Jason Roy, die Bybelse oorsprong en persoonlike ervarings wat die lirieke van verskeie van hul liedjies op hul nuwe album “We Won’t Be Shaken” geïnspireer het.

More

We would like to thank Building 429 and The Overflow for providing this plan. For more information, please visit: www.theoverflow.com