Building 429 - Ons Sal Stewig StaanVoorbeeld

Building 429 - We Won't Be Shaken

DAG 3 VAN 7

Rewolusionêr

Ons is meer as oorwinnaars:

Soms sal die vraag by my opkom: “Waarom sal die wêreld hierdie Jesus soek wat hulle in my sien?” Ek dink dis 'n regverdige vraag om te vra. Hoekom sal hulle wil hê wat ons het? Ek moet eerlik wees, wanneer ek soms na diegene kyk wat OORWINNING IN JESUS verkondig, sien ek nie juis enigiets wat soos oorwinning lyk nie. Inteendeel, ek sien baie mense wat in nederlaag leef. Hulle sê: "Dis reg broer, ons is net tydelik hier" of hulle haal my lirieke aan van die liedjie “Where I belong” en sê: "Ek is net bly ek is nog nie tuis nie”. RÊRIG, OUENS? Is ons regtig geskok wanneer ongelowiges niks van Jesus wil weet nie?

Miskien is dit dalk net valse nederigheid. Ons wil nie te vol vertroue voorkom nie, want miskien lyk dit dan asof ons spog of arrogant is. Tog bly die waarheid, die waarheid … "WIE KAN ONS SKEI VAN DIE LIEFDE VAN CHRISTUS? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet" (Romeine 8:35,37). Ons het dus oorwin deur die Een wat die graf oorwin het. Jy sien, dit is nie dat ons altyd gelukkig moet wees nie, as gelowiges moet ons net weet dat ons MEER as oorwinnaars is, al is die pad duister. Paulus het nooit opgehou nie. Selfs in die tronk het hy harder en yweriger aanhou werk in plaas daarvan om vir homself jammer te voel. Die tronkmure kon hom binne hou, maar nie die boodskap wat hy verkondig het nie. Daar het jy dit … Ons lewens weerspieël 'n verhouding met 'n WARE en LEWENDE GOD baie duideliker in moeilike tye as in oorvloed. Dus is die vraag dan: hoe kan ons nou as MEER AS OORWINNAARS begin lewe, in oorvloed of swaarkry, as gevolg van die ware verhouding wat ons met die een ware KONING het??? Bowendien … hoe anders sou ons pogings om die evangelie te verkondig wees, as die bewys van God se bestaan deur ons vertroue in Hom openbaar moes word??

Luister na die album"We Won't Be Shaken" op The Overflow""
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Building 429 - We Won't Be Shaken

Die Dove-bekroonde Christelike rockgroep "Building 429" het met "The Overflow Devo" saamgespan om 'n 7-dag leesplan vir YouVersion te skryf. In hierdie leesplan bespreek die hoofsanger, Jason Roy, die Bybelse oorsprong en persoonlike ervarings wat die lirieke van verskeie van hul liedjies op hul nuwe album “We Won’t Be Shaken” geïnspireer het.

More

We would like to thank Building 429 and The Overflow for providing this plan. For more information, please visit: www.theoverflow.com