Building 429 - Ons Sal Stewig StaanVoorbeeld
Al Die Heerlikheid
Nou ja, ek was eers 'n basketbalspeler. 'n Goeie een? Miskien. Goed genoeg om in afdeling 1 op universiteit te speel? Ja. Wat is fout daarmee, vra jy? Wel, niks nie, behalwe dat dit my IDENTITEIT bepaal het. Slegte dinge gebeur as jou identiteit in enigiets behalwe in Christus is. Jy word òf trots, òf desperaat. In my geval was dit trots. Ek was vreeslik trots op my vermoëns op die basketbalbaan. Eendag het ek met iemand op die baan skoor gesoek wat hom lelik vir my vervies het. Hy het my nie 'n gelyke kans gegee nie. Toe ek anderpad kyk, het hy my 'n geweldige vuishou gegee … en ek het in die ambulans wakker geword. Ek het nie geweet wat my naam, my selfoonnommer of my universiteit se naam was nie. NIKS … nada … my identiteit was net weg. Nie net dit nie, maar met daardie een vuishou het die ou my gesig gebreek. Ek het skeurwonde van die binnekant van my oog af tot by die voorkant van my neus gehad. 'n Groot gapende wond onder my oog … en ses weke om met die misvorming van my gesig te lewe totdat die swelling begin sak het. Na die ses weke, onthou ek baie duidelik die dag toe hulle my na die teater teruggeneem het om weer my gesig te breek sodat dit reg opgebou kon word. Dit was 'n afgryslike dag. Daardie dag het ek 'n openbaring gehad. Ek was moeg om vir myself te lewe. Het God veroorsaak dat daardie ou my met die vuis bykom???? Nee, die nagevolge van my optrede, om al die eer op myself te neem, het my kwesbaar gemaak vir iemand anders wat die eer wou gehad het. Eerlikwaar, die eer kom ons nie toe nie, want dit maak van ons 'n teiken. Kan jy werklik alles hanteer wat almal na jou kant toe gooi? Nee. Kan God? O ja.
Weet jy wat van jou verwag word??? Vestig die aandag op Jesus. As jy wen … vestig die aandag op Jesus. As jy verloor ... vestig die aandag op Jesus. Die eer … dit kom Hom toe … Hy is die heerlikheid en jy kan daarvan deel wees deur sy eer en heerlikheid te verkondig. In die goeie tye en die slegte tye verdien Hy alle eer, nie ons nie. As jy dus staan … is dit net omdat jy in sy hande is … want ek belowe jou, wie die eer soek, eindig altyd òf trots òf desperaat, en soms, albei. Wie wil nou regtig enige van daardie twee wees? Bid vandag om nederigheid en onthou … vestig die aandag op HOM!
Luister na die album"We Won't Be Shaken" op "The Overflow"Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Dove-bekroonde Christelike rockgroep "Building 429" het met "The Overflow Devo" saamgespan om 'n 7-dag leesplan vir YouVersion te skryf. In hierdie leesplan bespreek die hoofsanger, Jason Roy, die Bybelse oorsprong en persoonlike ervarings wat die lirieke van verskeie van hul liedjies op hul nuwe album “We Won’t Be Shaken” geïnspireer het.
More