Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.Voorbeeld

Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.

DAG 7 VAN 7

EK LEEF IN OORWINNING

"Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus" 1 Kor. 15:57 AFR83

Leef asof jy alreeds gewen het.

‘n Ruk gelede ontwikkel ek twee wit kolletjies, moontlik kanker, op my onderlip. Die spesialis vries dit eers. Ek gaan ná ses weke terug vir ‘n biopsie. Terwyl ek hier skryf, weet ek nog nie die uitslag nie.

Mia bel my vandag met die woorde van Jes. 6:6-8: “Een van die serafs het toe ‘n gloeiende kool met ‘n tang van die altaar af gevat. Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: ‘Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.’ Toe het ek die Here hoor vra: ‘Wie kan ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?’ Ek het geantwoord: ‘Hier is ek! Stuur my!’ (AFR83).

Dit is my oorwinningsgetuienis: Hierdie kolletjies is God se probleem. Hy sal dit uitsorteer. Sy Gees neem my bangwees weg en my laat opstaan. Ek roep: “Ja Here Jesus, ek wil U boodskapper wees! Stuur my.”

Wat is jou krisis? Dood, kanker, alleenheid, ‘n gebroke verhouding, werkloosheid? Moenie dat dit jou keer om ‘n boodskapper vir God te wees nie. Steek jou hand op. Laat God jou gebruik om sy Naam te verheerlik.

Mag die Heilige Gees ons help om te leef asof ons alreeds daar by Hom is. En mag wat met ons gebeur ons vasbeslote maak om voort te beur en só die ewige hemelse prys te ontvang.

Sien hoe jou tuiskoms gevier word! Klap hande en dans, want die hoogste prys is om by Jesus Christus te wees.

Leef vandág al jou oorwinning.

Kom saam!

GEBED: My Here en my God! Ek kan nie meer wag om saam met U in u hemelse woning te leef nie. Ek kom saam! Ek jubel en juig en dans omdat U almag groot en kragtig is. Dankie dat daar vir my oorwinning by U is! Amen.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.

Kom klim saam met my in my motor. Kom saam op my reis. Dis my gebed dat die Here vir jou hoop sal gee wanneer jy moeg en moedeloos is. Ook dat Hy vir jou vreugde sal gee wanneer jy gestroop en tam is. Mag God jou mooi help om sy lig daar voor in die pad te bly volg.

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sonjagoldberg.co.za