Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.Voorbeeld

MY VOORKOMS
"Maar die Here sê vir Samuel: “Moenie volgens voorkoms of grootte of liggamsbou oordeel nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here neem nie besluite soos mense nie! Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, maar die Here kyk na die binnekant” 1 Sam. 16:7 NLV.
Dis hartseer as iemand dink hulle is nie goed genoeg vir ‘n groep vriende of ‘n spesifieke taak net omdat hulle oorgewig is, of nie mooi en aantreklik genoeg is in hul eie oë nie. Tieners kry veral swaar met hierdie “voorkoms” – ding. Jy moet spiere, mooi tande, of lang hare hê en maer wees voordat jy “in” kan wees.
Samuel moes een van Isai se seuns as koning salf. Toe Eliab, die oudste, inkom, sien Samuel dadelik sy mooi lengte en aantreklike voorkoms raak. Ja, selfs Samuel – die gesalfde van die Here – kyk toe na die uiterlike! Die Israeliete het met Saul dieselfde fout gemaak. Hulle het na sy voorkoms gekyk en nie na sy hart nie. Toe was hy op die ou end nie die regte keuse as koning nie.
Dawid, die jongste van agt kinders, was so onbelangrik dat hy nie eens na hierdie fees toe genooi is nie! Maar dis hoe God werk: Hy kies diegene wat in die oë van ander as onbelangrik beskou word om sy werk te doen, want dan weet almal: Dit is Gód aan die werk!
Voordat jy ‘n mening oor iemand vorm, vra eers vir God wat Hy dink. Hy kyk tot binne-in ‘n mens se hart. Hy weet wat ons dink en wie ons werklik is.
Onthou: Ons met ons voorkoms oppas, want ons toon daarmee respek vir God en ander mense. Maar dit moenie ons eerste prioriteit wees nie. Op hierdie aarde gaan dit nie oor ons nie; dit gaan álles net oor Hom!
GEBED: My Hemelvader, help my om U eerste te stel. Gee my insig en wysheid om nie ander na hul uiterlike te beoordeel nie. Help my om te weet ek is waardig in u oë, want U sien my hart raak. Dankie, Heer. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Kom klim saam met my in my motor. Kom saam op my reis. Dis my gebed dat die Here vir jou hoop sal gee wanneer jy moeg en moedeloos is. Ook dat Hy vir jou vreugde sal gee wanneer jy gestroop en tam is. Mag God jou mooi help om sy lig daar voor in die pad te bly volg.
More
Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sonjagoldberg.co.za