Voltydse VolhardingVoorbeeld

Voltydse Volharding

DAG 5 VAN 5

Dag 5: Bangjan?

Hebreërs 13:5b NLV: "Onthou dat God die versekering gegee het: ‘Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.'”

Dalk het jy al gehoor dat daar 365 verwysings in die Bybel is, waar God ons bemoedig om nie bang te wees nie. Sommiges mense sê selfs daar is 366 verwysings – ‘n ekstra een vir skrikkeljaar. Al wat ek weet is dat wanneer ek bang voel vir welke rede ook al, dan gryp ek dringend na die Skrif waar hierdie belofte swart op wit verskyn. Ek móét — anders kwyn my geloof soos wat Satan die “bang” aanblaas.

Voltyds afhanklik …

Jou skaduwee sal altyd oordra waaronder jy skuil. Vind jou skuiling in die lig van God se hand. Dit is ‘n veel beter katalisator tussen volharding eerder as om bang te wees. Soms kan 'n mens voel dat dit ‘n abstrakte begrip is, maar visualiseer dit in jou geestesoog: Vader se groot hand wat jóú vashou.

'n Oudminister van Engeland, Winston Churchill, het eenmaal gesê: “Die waarheid is so waardevol dat dit dikwels deur leuens as 'n lyfwag beskerm word”. Watter waarheid! Is dit nie vreemd hoe ons, wanneer ons swak voel, ‘n leuen kan toelaat om ons af te breek nie, terwyl God soveel groter is en ons daagliks aanmoedig om nié bang te wees nie? Daarom soveel te meer móét ons vasgryp aan waarheid — dié grootste standvastigste waarheid van alle tye: God is voltyds beskikbaar vir jou en vir my!

Gebed: Here, dankie dat u oog elke dag van elke jaar op my is.

Wanneer ons geestelik ingestel is op God se frekwensie is dit goed om elke dag te sién wat Hy belowe. Skryf die teksvers neer en plak dit in die middel van jou motor se stuurwiel!

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Voltydse Volharding

Jy sal in die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) lees die woord "voltyds" beteken “vir die hele werktyd”. Ek het onmiddellik gedink aan ‘n dag by die kantoor waar ek heeltyd taakgerig moet fokus op dit wat van my verwag word soos my bestuurder dit bepaal en om my werk noukeurig en met uitmuntendheid te doen totdat al my take vir die dag voltooi is. In die Bybel lees ons allerlei teksverse raak wat baie goed kan hande vat met hierdie woord sowel as met volharding.

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: felicia-lategan.com