Voltydse VolhardingVoorbeeld

Voltydse Volharding

DAG 3 VAN 5

Dag 3: Erfenis

Kolossense 1:11 – 12 NLV: “Ons bid dat Hy deur die krag van sy goddelike heerlikheid julle sal toerus met al die krag wat julle nodig het om in alle omstandighede geduldig te volhard terwyl julle met blydskap altyd die Vader dank dat Hy julle geskik gemaak het om in die erfenis van God se mense te deel, die erfenis wat wag vir mense wat volgens sy wil lewe."

In die teksvers hier bo lees ons die woord "erfenis" raak. Erfenis is iets wat verkry word deur volharding voltyds toe te pas, anders is daar nie ‘n erfenis nie. Maar sonder God se aanwesigheid is dit nie moontlik nie. Ons moet vir Jesus vra om in te tree saam met ons en om saam met ons te loop, ons gedagtes te rig.

Om elke dag tot Hom te nader is juis waar ons toegerus word en die krag kry wat ons benodig. Die Bybel is soos salf wat in goeie en veral slegte tye jou gees binnedring en in stand hou. Voltydse toewyding is nie moeilik nie. Dit is ‘n besluit wat jy neem om elke dag ‘n paar oomblikke af te staan vir tyd met Hom. Ekself het dikwels nie woorde nie maar dáárdie oomblik om selfs net te sê: “Vader, hier is ek. U ken my sit en opstaan en alles wat in my binneste leef” is kosbaar.

Een ding wat baie belangrik is, is om mooi te gaan sit en dink oor waarvoor jy dankbaar is! Danksegging is deel van ons voltydse oomblikke met God. As jou brein eers aan die gang kom, is daar waarlik baie om voor dankbaar te wees en vertoon die sleg van die lewe klein teenoor die goedheid van ons Vader.

Gebed: “Vader, hier is ek. U ken my sit en opstaan en alles wat in my binneste leef.”

Onthou, jou erfenis is voltyds deel van jou omdat jy help om daaraan te bou. Jý is ingeweef in ‘n verhaal wat oor en oor vertel gaan word!

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Voltydse Volharding

Jy sal in die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) lees die woord "voltyds" beteken “vir die hele werktyd”. Ek het onmiddellik gedink aan ‘n dag by die kantoor waar ek heeltyd taakgerig moet fokus op dit wat van my verwag word soos my bestuurder dit bepaal en om my werk noukeurig en met uitmuntendheid te doen totdat al my take vir die dag voltooi is. In die Bybel lees ons allerlei teksverse raak wat baie goed kan hande vat met hierdie woord sowel as met volharding.

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: felicia-lategan.com