Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lydingVoorbeeld

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

DAG 22 VAN 39

"Toe Judas 'n bende manne en offisiere van die owerpriesters en Fariseërs ontvang het, het hy daarheen gekom met lanterns en fakkels en wapens. Jesus het dan, omdat Hy alles geweet het wat oor hom sou kom, uitgegaan en vir hulle gesê: Wie soek julle? Hulle antwoord hom: Jesus van Nasaret".

- Johannes 18:3-5 (CAB23).

Wanneer Jesus vra: "Wie soek julle?” verwag die soldate om ’n rebelleleier te vind, wat dalk weerstand sou bied of terugveg. Jesus stap egter vorentoe en identifiseer Homself. Hy sê: “Ek is Hy”. Hierdie oomblik nooi ons om in kontak te kom met ons eie verwagting van Jesus. Verwag jy dat Hy ’n trooster, ’n wonderwerker of Iemand moet wees wat al jou probleme oplos? Of is jy gereed om Hom te aanvaar soos Hy is – ’n lydende dienaar, ’n gekruisigde Verlosser?

Dikwels beperk ons God deur te verwag dat Hy by ons idees en begeertes sal inval. Maar sy weë is hoër as ons s’n (Jesaja 55:8-9 CAB23). Is jy oop om Jesus te ontmoet soos Hy is, selfs al daag dit jou verwagtinge uit en maak jou ongemaklik? Watter vooropgestelde idees oor Hom moet jy laat vaar? Kan jy jou hart oopmaak vir die Jesus wat jou roep om jou kruis op te neem en Hom te volg?

Refleksie: Watter verwagting het jy van Jesus? Hoe het Hy jou al in die verlede verras? Vra die Here om jou te help om jou verwagtinge oor te gee en nooi Hom om Homself op ’n nuwe manier aan jou bekend te maak.

Gebed: Ek vra om genade om U bo alles te soek en U met vertroue en oorgawe te volg.

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Wat beteken ‘n lydingservaring vir jou? Hoe sou jy dit in ‘n paar woorde beskryf? Vir Jesus was dit ‘n reis van lyding en sterfte op pad na opstanding. Vir ons as gelowiges is lyding ‘n reis om Hom te ken en die krag van sy opstanding te ondervind deur te deel in sy lyding, en só aan Hom gelyk te word in sy dood. Tydens hierdie reis deur Lydenstyd, bring ons 40 dae deur met die vrae wat Jesus in die laaste dae van sy lewe gevra het.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: mosaiek.com