Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lydingVoorbeeld
"Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word"
- Matteus 7:7 (AFR53).
Wanneer Jesus vra: "Wie soek julle?” (Johannes 18:4), praat Hy nie net met die soldate wat kom om Hom te arresteer nie. Sy vraag nooi jou om in kontak te kom met jou diepste soeke. U2 sing: “I still haven’t found what I am looking for.” Ons dink dikwels dat ons soeke nie na ’n Wie is nie, maar eerder na ’n iets: sukses, goedkeuring, geluk, liefde.
In Johannes 4 sê Jesus vir die Samaritaanse vrou: “Elkeen wat hierdie water drink, sal weer dors word, maar elkeen wat die water drink wat Ek hulle gee, sal nooit dors kry nie” (Johannes 4:13-14 AFR53). Soos die vrou, wend ons ons dikwels na die “water” om ons dors te les, net om later weer dors te word.
Jesus nooi om ons om met ons soeke na Hom te kom. Die uitnodiging is om te soek totdat ons Hom vind. Jesus bied strome van lewende water – Homself.
Refleksie: Bring vandag 10 minute in stilte en nadenke deur om eerlik oor die vraag te peins: Waarna is ek op soek?
- Skryf enigiets neer wat by jou opkom.
- Praat met God oor dit waarvan jy bewus word.
Gebed: Ek vra om genade om U bo alles te soek en U met vertroue en oorgawe te volg.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat beteken ‘n lydingservaring vir jou? Hoe sou jy dit in ‘n paar woorde beskryf? Vir Jesus was dit ‘n reis van lyding en sterfte op pad na opstanding. Vir ons as gelowiges is lyding ‘n reis om Hom te ken en die krag van sy opstanding te ondervind deur te deel in sy lyding, en só aan Hom gelyk te word in sy dood. Tydens hierdie reis deur Lydenstyd, bring ons 40 dae deur met die vrae wat Jesus in die laaste dae van sy lewe gevra het.
More
Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: mosaiek.com