Hoop Op God!Voorbeeld
Hoop is deel van geloof.
1 Korintiërs 13:13 sê: “Al wat altyd sal bly, is geloof, hoop en liefde – hierdie drie. Maar die grootste hiervan bly steeds die liefde!” Hebreërs 11:1 verduidelik die verhouding tussen geloof en hoop. Geloof oortuig ons van dinge wat ons nie kan sien nie. Dit laat ons die Woord van God oor die verlede, die hede en die toekoms vertrou. Hoop is 'n wesenlike deel van hierdie geloof, naamlik die deel wat op die toekoms ingestel is. Geloof maak dit waarop ons hoop, 'n werklikheid.
Hierdie verhouding tussen geloof en hoop maak dit duidelik waarop gelowiges hoop. Ons hoop is op die goeie dinge wat God vir ons vir die toekoms belowe het. En dit is baie. Dit sluit geestelike seëninge tydens ons aardse lewe in, maar ook die ewige lewe in die Here se teenwoordigheid op 'n nuwe aarde waar daar nie meer sonde, lyding en dood sal wees nie. Hierdie dinge kan nog nie gesien word nie, maar deur geloof kan ons tog seker wees dat ons hoop waar sal word.
Het jy hierdie reddende geloof?
Aangaande hierdie leesplan
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.
More
Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://globalrize.org