Hoop Op God!Voorbeeld

Hoop Op God!

DAG 6 VAN 15

'n Lewende hoop.

Daar is 'n gesegde wat lui: 'Terwyl daar lewe is, is daar hoop'. Hierdie gesegde kry 'n hele nuwe betekenis in Jesus Christus. Die apostel Petrus sê gelowiges word “wedergebore tot ’n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode” (1 Petrus 1:3). Die apostel Paulus sê dieselfde: “As ons egter op niks meer sou kon hoop as dat Christus ’n verskil sal maak aan ons huidige lewe nie, sou ons definitief die bejammerenswaardigste mense onder die son wees! Maar nou is die werklikheid totaal anders! God hét Christus uit die dood laat opstaan! ...” (1 Korintiërs 15:19-20). Jesus het die prys vir die mensdom se sonde betaal. Deur in ons plek te sterf, het Hy oorwinning behaal oor “hy wat mag oor die dood gehad het – die duiwel.” (Hebreërs 2:14). Sy opstanding het bewys dat die dood sy angel verloor het. Christene hoef nie meer die dood te vrees nie, aangesien hulle die ewige lewe ontvang het. Hulle het 'n lewende hoop, selfs wanneer hulle sterf. Dit maak die groot verskil. Die liggaamlike dood is immers vir ons mense onvermydelik. So as ons net beloftes vir hierdie aardse lewe het, sou dit op die ou end 'n baie klein hoop gewees het. Maar die Bybel gaan oor die lewe na die dood en oor “die erfporsie wat nie tot niet gaan of besmet word of verwelk nie; God hou dit veilig by Hom. En God sal ook júlle deur sy krag veilig bewaar sodat julle die verlossing sál ontvang deurdat julle op Hom vertrou.” (1 Petrus 1:4-5).

Het jy hierdie lewende hoop?

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Hoop Op God!

Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.

More

Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://globalrize.org