Wees Bly - Vier die AdventtydVoorbeeld

Wees Bly - Vier die Adventtyd

DAG 20 VAN 29

God staan die hoogmoedige teë

Lees: Lukas 1:51-53; Openbaring 3:17-20; Jakobus 4:6-10

SOAP: Lukas 1:52-53

"Maghebbers het Hy van trone afgeruk en geringes verhoog; behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes en rykes met leë hande weggestuur."

Oordenking

Maria het op ‘n ander aspek van God se karakter gefokus. Sy het gesê dat God teen die trotse, arrogante en selfversorgende is, maar die nederiges help. Sy het gekontrasteer hoe God die rykes en magtiges van trone afruk terwyl hy die armes en hongeriges verhoog. Dit kan jou daartoe lei om die vraag te vra: Bevoordeel God sekere mense bo ander? Is God nie almal genadig nie?

‘n Beeld kan ons help om dit te verstaan. Terwyl Jesus aan die kruis gehang het, het sy bloed uit sy liggaam gevloei. Hierdie bloed was die rivier van God se liefde wat in die hele wêreld gevloei het. Tog, net soos voorwerpe wat bo is, nie bereik kan word deur water wat afwaarts vloei nie, so word God se liefde nie ontvang deur die trotse en arrogantes wat nie hul behoefte aan sy genade en vergifnis sien nie. Dit blyk dat hoe veiliger mense in hierdie wêreld voel deur hul gewildheid, rykdom of mag, hoe moeiliker is dit vir hulle om hul desperate behoefte aan God te sien.

Water vloei af in die vallei en word deur sagte grond opgeneem. Net so word God se genade ontvang deur nederige mense wie se harte deur sy Gees versag en gebreek is deur die besef dat hulle sondig is en totaal nie in staat is om hulself te red of hulself te verander nie. Dit is hierdie mense wat God graag help, want hulle erken nederig dat hulle Hom nodig het. Hulle vra Hom om genade en gee Hom die eer wanneer Hy sy genade oor hulle uitstort.

So dikwels dink ons dat ons meer geld, invloed en vriende nodig het. Ons bewonder en kyk op na diegene wat bo ons is in skoonheid en status. In hierdie oomblikke is dit veral belangrik om te onthou dat God, wat niemand bo Homself het nie, na die veragtes en vernederdes kyk. Ons moet daagliks streef na nederigheid, en ons behaag wanneer onsander kan dien. Al word ons oor die hoof gesien of selfs verwerp, kan ons vertrou dat God ons sien. Hy is ‘n God wat in barmhartigheid neerbuig teenoor die mees onverdiende, ongeliefde en onwaardige mense om sy genade op ‘n spesiale manier oor hulle uit te stort.

Gebed

Here Jesus, U het my trotse hart sag gemaak. U het u liefde op my uitgestort, en u gee baie om vir my. Sonder u genade sou daar geen hoop vir my wees nie. Dankie vir u liefde en genade. Amen.

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Wees Bly - Vier die Adventtyd

Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/