Wees Bly - Vier die AdventtydVoorbeeld

Wees Bly - Vier die Adventtyd

DAG 24 VAN 29

Week 4 / Die engele se lied

Maandag / Glorie en armoede

Lees: Lukas 2:1-20; 2 Korintiërs 8:9; Filippense 2:5-11

SOAP: 2 Korintiërs 8:9

“Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word.”

Oordenking

Dit is werklik wonderlik om te dink aan die omstandighede waarin Jesus gebore is. Arme Josef kon nie 'n beter blyplek vir die nag kry nie, daarom moes Maria in 'n vuil stal geboorte skenk. Stel jou voor dat 'n jong vrou geboorte skenk te midde van die reuk van diere en hooi en wat niks anders as 'n koei se voedingstrog het om haar baba in te plaas nie. Daar was nie die geringste teken van heerlikheid of majesteit toe God se Seun hierdie wêreld binnegekom het nie.

Die tweede deel van die geboorteverhaal praat oor die herders in die veld. Dit is waar ons armoede, rofheid en die reuk van diere sou verwag – beslis niks wonderliks nie. Tog vind ons hier heerlikheid, 'n helder lig uit die hemel en 'n groot koor van engele wat sing. Ons leer iets baie belangrik in hierdie "omkering van gebeure." Deur die geboorte van Jesus het ons menslike armoede op Hom geval terwyl sy ewige heerlikheid na ons toe gekom het.

Voordat Jesus op hierdie aarde gebore is, was Hy in God se ewige wêreld, waar daar geen pyn, siekte, vrees of huil is nie. Dit is 'n wêreld waar daar net lig, vrede en vreugde is. Toe het Hy egter ons wêreld binnegekom waar Hy honger, moegheid, verwerping en ongelooflike lyding sou ervaar. Hy het 'n menslike liggaam aangeneem wat geslaan en bespoeg kon word. Hy het 'n liggaamgehad met sensitiewe senuwee-eindpunte enkon pyn ervaar, veral die ontsettende pyn om geslaan en met penne deurboor te word, asook 'n liggaam wat in die duisternis van die dood kon ingaan.

Waarom was Hy bereid om dit te doen? Dit word deur die engel verkondig. Jesus wou in ons vrees en swaarkry ingaan, daarom hoef ons nie meer bang te wees nie. Hy het in ons hartseer gekom om ons sy vreugde te gee. Hy het 'n nederige dienskneg geword om ons kinders van die koning te maak. Hy het arm geword om ons ryk te maak. Hy het die hemel prysgegee om aan ons die hemel te gee. Wat 'n wonderlike Verlosser!

Gebed

Here Jesus, U het die hemel verlaat om Uself vir my te gee. Help my om u liefde vir my op 'n dieper manier te verstaan. Amen.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Wees Bly - Vier die Adventtyd

Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/