Stilte: Die Krag en Noodsaaklikheid DaarvanVoorbeeld
Stilte: die krag en noodsaaklikheid daarvan (6)
Filippense 3:10 - "Al wat ek wens is om Christus te ken."
Mense wat mekaar lief het, vind stilte, nie ’n bedreiging nie. Hulle verwelkom stilte. Dit bring vrede en intimiteit wat oneindig dieper as woorde is. Net so bring stilte ons in ’n intimiteit met God wat soms selfs dieper is as hoorbare lofprysing en aanbidding. Dit is woordelose lofprysing en aanbidding. Aanbidding ontwikkel een dimensie van ons verhouding met God en stilte ’n ander. Stilte neem ons dieper met God – tot daar waar woorde nie kan bykom nie. Dit is nie die een óf die ander nie. Beide is nodig vir ’n dieper verhouding met God. In die stilte kom daar ’n bewustheid van die onvernietigbare sekerheid van God se liefde, genade, almag en versorging wat nie met woorde beskryf kan word nie.
Dit is vir ons nodig om stil te word tot by die punt waar al ons behoeftes en ons menswees deur God alleen bevredig word. Dit is om soos ’n klein kindjie stil, tevrede, sonder enige kwelling en aksieplanne en sonder enige ander begeertes, in die arms van sy vader of moeder te ontspan. Volkome vergenoegd. Wanneer ons so stil kan word en ons hart stil kan maak, kan God met ons praat, Hom aan ons openbaar en vir ons wys wat ons moet doen.
God bly dikwels stil, omdat daar nog te veel self en te veel ander stemme is wat met ons praat en na wie ons luister. Wanneer meer as een persoon praat, is dit moeilik om te luister, te hoor en te verstaan wat gesê word. In die stilte leer ons die Herder se stem ken. Jesus sê: "My skape ken My stem" (Johannes 10:16). Hoeveel van ons ken sy stem? Kan ons dit onderskei van al die ander stemme in die wêreld?
Aangaande hierdie leesplan
Almal het stilte nodig. Soms weet ons dit nie, maar sodra daar tye van stilte kom, kom vreemde vrede. Daar word die stemme van die wêreld en die stemme van my eie gedagtes uitgedoof. In daardie stiltes kom God dikwels en begin met ons praat. Mag hierdie leesplan jou by dieper intimiteit met God bring.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.comv