Stilte: Die Krag en Noodsaaklikheid DaarvanVoorbeeld

Stilte: Die Krag en Noodsaaklikheid Daarvan

DAG 5 VAN 13

Stilte: die krag en noodsaaklikheid daarvan (5)

Habakuk 2:20 - "Die Here is in sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees!"

Stilte konfronteer ons tot by die punt waar ons ongemaklik voel. Dit laat ons naak en weerloos voor onsself en God staan. Ons moet egter daar in die stilte bly totdat die ongemak wat die stilte veroorsaak, weggaan en die stilte heilige stilte word, gevul met God self – ‘n visie van Jesus. Stilte is dikwels ongemaklik omdat ons so graag wil presteer, beïndruk en aan ander se verwagtinge wil voldoen.

Stilte openbaar ons eie onsekerheid, ons onvermoë, en dwing ons om met onsself eerlik te wees. Dit help ons om te sien wat of wie ons werklik is en wat ons dryf om die dinge te doen wat ons doen. Stilte help ons om te sien waar ons lewe oorvol is. Dit help ons om te sien waar ons ruimte in ons lewe moet skep, waar daar meer balans in ons lewe nodig is.

Van die onbewuste dryfvere vandag is: “Meer, beter, hoër, vinniger, verder, nuwer.” Dit bring ’n gejaagdheid in mense. Dit plaas mense onder die dwang om te presteer en om konstant te bly doen. En dan bepaal dit wát ons doen, hóéveel ons doen en hoe góéd ons dit doen, wie ons is. In die stilte val al die doen weg en kan ons weer begin verstaan wie ons is. Om dit in Engels te sê: “God made us human beings, not human doings.”

Stilte help ons verstaan dat daar ’n verskil is tussen ons dade en onsself. Dit gee ons tyd om te besin oor die volle konsekwensies van ons woorde en dade en om aanpassings te maak vir die toekoms. Ons woorde en dade moet dieselfde taal praat.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Stilte: Die Krag en Noodsaaklikheid Daarvan

Almal het stilte nodig. Soms weet ons dit nie, maar sodra daar tye van stilte kom, kom vreemde vrede. Daar word die stemme van die wêreld en die stemme van my eie gedagtes uitgedoof. In daardie stiltes kom God dikwels en begin met ons praat. Mag hierdie leesplan jou by dieper intimiteit met God bring.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.comv