Wanneer die Heilige Gees werkVoorbeeld

Wanneer die Heilige Gees werk

DAG 2 VAN 7

Die derde Persoon van die Drie-eenheid

Ons as mense sal God nooit kan verstaan, begryp of verklaar nie.

Hoe kan die skepsel ooit sy Skepper verklaar? Ons as mense is van ’n totaal ander orde as God.

God is ewig, alomteenwoordig, alwys en almagtig. Hy is ons Skepper en ons is die werk van sy hande. Daarom leer die Bybel ons nie om vir God te verstaan nie, maar Hom lief te hê, te aanbid, te loof, te gehoorsaam en in Hom te glo.

Tog leer ons uit die openbaring van God in die Skrif, soos in 2 Korintiërs 13, dat God wat een is ook drie is.

Die God van die Bybel is die enigste en die ware lewende God wat Een is, maar ook drie, naamlik Vader, Seun en Heilige Gees. Soos wat ’n eier bestaan uit ’n dop, ’n wit en ’n geel, so kan ’n man byvoorbeeld vir sy vrou ’n eggenoot wees, ’n seun vir sy pa en ook ’n pa vir sy kinders.

Alhoewel hy drie is, is Hy eintlik ook net een. Die Bybel leer ons dat God ons Vader is wat ons liefhet en vir ons sorg. God is ook Immanuel — “God met ons”. Hy is die Verlosser wat ons sonde wegneem en die skeiding tussen God en mens afbreek sodat ons by God kan wees. Die Bybel leer verder dat God in ons is en deur die Heilige Gees in ons wil woon. God is een, maar tog ook drie.

Ons kan nie vir God met ons sondige verstand probeer verstaan nie. Ons moet Hom as Vader liefhê en dank vir sy troue sorg. Ons moet God as ons Verlosser eer wat ons sonde weggeneem en ons skoon en nuut gemaak het. En ons moet God liefhê wat in ons woon en in ons wil lewe deur sy Gees.

Aanbid jy ’n twee-eenheid of vir God Drie-enig?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer die Heilige Gees werk

Vanaf die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag tot Jesus se wederkoms leef ons in die bedeling van die Heilige Gees waar God elke oomblik in en deur ons wil lewe. Het jy ‘n lewende verhouding met die Heilige Gees, ervaar jy sy werking, leiding, gawes en vrug? Hierdie leesplan wil jou help om die wonderlike, kragtige beheer van die Heilige Gees meer in jou lewe te ervaar.

More

Ons wil graag vir Dirkie van der Spuy Bediening bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://moreleta.org/