Verstaan en Bid Deur Jou Geestelike WintersVoorbeeld

Verstaan en Bid Deur Jou Geestelike Winters

DAG 6 VAN 6

Winterbome

In die winter trek die Here ons dieper in Homself in, leer Hy ons om in Hom te bly en ons dieper te anker in die krag van die opgestane lewe van ons Here Jesus. Hy stroop ons van verborge vorme van self en sonde, wat die werk van God in ons lewens verhinder.

Winter bring gebrokenheid, nederigheid en herstel van liefde. Dit vul ons met die lewe van God self in die innerlike mens. Winter help ons om te sien hoe die self, in sy baie vorme, die Heilige Gees verhinder om kragtig in en deur ons te werk. As ons dit nie verstaan nie, sal daar nie meer vrugte wees nie. Terwyl die uiterlike mens afgebreek word, word die innerlike mens opgebou.

Moenie die winter vrees nie — verstaan dit, verdra dit, verwelkom dit en omhels dit.

Winters kom van God af. Winter is die pad wat God self vir sy kinders kies. Indien ons onsself in die winter aan God oorgee, sal daar in die somer wat kom, oorvloedige en blywende vrug wees.

Ruim tyd in om te bid:

Wanneer ons dink alles is verlore, is dit dikwels die begin van iets nuuts. Ons kan nie die nuwe somer ingaan voordat ons nie ons hande leegmaak sodat God kan wegvat wat nutteloos en nie meer bruikbaar is nie. Eers dan kan Hy vir ons die nuwe dinge gee wat ons vir die nuwe seisoen nodig het.

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Verstaan en Bid Deur Jou Geestelike Winters

Daar kom vir almal van ons tye wat soos geestelike winters voel. Hierdie leesplan sal jou help om sin te maak van jou geestelike winters en te verstaan dat geestelike winters absoluut noodsaaklik is vir geestelike groei en vrugdra.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com