Verstaan en Bid Deur Jou Geestelike WintersVoorbeeld

Verstaan en Bid Deur Jou Geestelike Winters

DAG 4 VAN 6

Winterbome

God se winters help ons om sekere realiteite van die lewe in die oë te kyk – dinge wat ons nie raaksien wanneer ons in die geestelike drukgang van die lewe is nie. Dit help ons om ons beperkings te verstaan, ons kort tydjie op aarde — ons verganklikheid. Dit help ons om te verstaan dat ons nie bo fisiese natuurwette verhewe is nie. Niemand kan net hardloop en hardloop, te min slaap, die verkeerde kos eet, te veel in elke dag probeer inpas, nie genoeg oefen nie en dink dit sal nie gevolge hê nie. Hoe vinnig en dikwels vergeet ons dit. Alle bome gaan uiteindelik dood. Mense ook. In die somer wanneer die boom ten volle geklee is in sy groen blare, is dit feitlik onmoontlik om aan die kortstondigheid van die lewe te dink.

Terwyl ons vrugte dra, ons werk doen en groei beleef, omsette groei, meer personeel aangestel moet word om tred te hou met die groei, meer mense by ons kerk aansluit – wanneer daar baie finansiële of geestelike vrug is, dan leef en droom en beplan ons asof ons vir ewig hier sal wees. Die winter help ons om te verstaan dat ons ouer word, dat die tyd verbygaan, dat 'n nuwe generasie opgelei en toegerus moet word, en dat die werk aan ander oorgedra moet word omdat ons nie vir ewig hier sal wees nie.

Ruim tyd in om te bid:

Ons moet die Heilige Gees vra om vir ons ons beperkings te wys — wat Hy wil hê ons moet doen en wat ons nie meer moet doen nie. Onthou: die nood mag nie bepaal wat die omvang van ons werk is nie.

Ons moenie vasgevang raak in ons liefde vir ons werk nie. Wees lief vir die Here. Ons moet geniet wat God vir ons gee om te doen, maar God alleen moet die fokus van ons liefde wees.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Verstaan en Bid Deur Jou Geestelike Winters

Daar kom vir almal van ons tye wat soos geestelike winters voel. Hierdie leesplan sal jou help om sin te maak van jou geestelike winters en te verstaan dat geestelike winters absoluut noodsaaklik is vir geestelike groei en vrugdra.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com