Verstaan en Bid Deur Jou Geestelike WintersVoorbeeld
Winterbome
In die winter hou bome nie op met groei nie. Hulle rus, groei en bou energie op vir die nuwe seisoen. Daar, waar niemand sien nie, vind die groei plaas. Die wortels groei dieper in die grond in en energie word aangevul. Dieselfde geld vir Christene. In die geestelike winter gebeur dieselfde met die Christen – daar is innerlike groei. Om kan dit egter baie selde sien. Ons is meestal onbewus van hierdie groei. Daar is egter dieper groei wat plaasvind na mate daar 'n dieper oorgawe aan God is. Daar waar niemand sien nie, is ons veilig en anker ons al dieper in die Here. Ons kry nuwe perspektief, nuwe insig. Dit is 'n tyd van rus en herstel — 'n onsigbare voorbereiding vir 'n nuwe seisoen van vrugte dra. Geseënd is winter, want die winter is die voorbereiding vir die nuwe seisoen.
Soms kom die realiteit van die winter as 'n groot ontnugtering vir Christene. Dit openbaar baie vorme van verwaandheid, selfsug, trots en areas van vrugtelose inspanning. Soms hou Christene op om die Here te dien as gevolg van die winter, of hulle raak moedeloos en rebelleer teen God. Dit gaan dikwels gepaard met verleentheid en gevoelens van skaamte oor hoe ons opgetree het. In die winter lyk dit dalk asof al die somer se werk tevergeefs was. Waar is die vrugte nou? Ons was so hoopvol, en nou lyk dit asof alles tot niks gekom het nie. Winter is 'n paradoks. Die winter sit egter die boom deur 'n noodsaaklike proses om die lewe in die boom te bewaar en te versterk.
Ruim tyd in om te bid:
In geestelike winters moet ons meer tyd inruim om die Bybel te lees en te bid. Sommige mense vind dit sinvol om geestelike boeke te lees oor die dieper Christelike lewe. Lees en bid oor die kruis, gebrokenheid en totale oorgawe. Lees en bid oor die vervulling met die krag van die Heilige Gees. Ander ruim tyd in om te rus en om oor die lewe te besin, te skryf en alleen te wees met God.
Onthou dat die nuwe seisoen, wat beslis sal kom en vrugte sal dra, gepaard gaan met nuwe uitdagings en aanvalle van die Bose. Jy moet tyd inruim om jouself dieper en dieper in Jesus te anker.
Aangaande hierdie leesplan
Daar kom vir almal van ons tye wat soos geestelike winters voel. Hierdie leesplan sal jou help om sin te maak van jou geestelike winters en te verstaan dat geestelike winters absoluut noodsaaklik is vir geestelike groei en vrugdra.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com