Verstaan en Bid Deur Jou Geestelike WintersVoorbeeld

Verstaan en Bid Deur Jou Geestelike Winters

DAG 2 VAN 6

Winterbome

In die winter word die boom van alle uiterlike bedekking gestroop. Dan sien ons die ware boom — onbeskermd, naak, sonder pretensie — en almal kan dit sien! Dit is wanneer ons duidelik die knobbelrige, krom, gebreekte takke, swamme en littekens kan sien – en ook die plekke waar die snoeiskêr verlede jaar en die jare voor dit, takke weggesny het. Die takke van winterbome staan swart en skerp met uitgestrekte arms. Hulle is hulpeloos en kwesbaar, skaam en verward.

Is dit nie hoe ons voel in die lewe se winters nie? In die somer gebruik die boom al sy energie en vermoë om homself aantreklik te maak en vrugte te dra. In die proses gebruik en verbruik die boom al sy energie sonder om bewus te wees dat sy energie besig is om minder en minder te word. In die somer verloor die boom sy krag. Hy gebruik sy energie om blare te groei en vrugte te produseer — onbewus daarvan dat die energie wat hy instoot om vrugte te dra, sy energie opgebruik.

Die winter kom sodat die boom sy energie kan herwin en vir die nuwe seisoen kan opgaar. Na elke seisoen van vrugbaarheid is daar 'n winter — 'n herstelperiode, ‘n voorbereiding vir die nuwe seisoen. Geestelik is daar tye wanneer ons moet onttrek en rus. As ons hierdie geestelike “wet” ignoreer, lei dit onvermydelik tot selfvernietiging. Dit is soos die wet van swaartekrag – ongeag wie jy is, niemand van ons is verhewe bo die wet van swaartekrag nie. So is daar geestelike wette wat geld vir almal van ons —ongeag hoe geestelik en sterk ons mag wees.

Ruim tyd in om te bid en oor te gee:

Dit is goed vir ons om onsself te sien soos ons werklik is – sonder al ons prestasies en toekennings, posisie in die samelewing en wat mense van ons dink en wat ons van onsself dink.

Ons moet God vra om vir ons ons ware self te wys. Bring alles wat stukkend is na Hom toe, alles wat nie aanvaarbaar is nie, alles wat nie vrugte dra nie, alles wat nie sin maak nie en alles wat seermaak. Erken dit en kom sit dit by sy voete neer. God vergewe. Hy is vol teerheid en deernis. Hy ken ons swakhede en weet dat ons van stof gemaak is. Ons kan onsself sonder vrees aan Hom toevertrou.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Verstaan en Bid Deur Jou Geestelike Winters

Daar kom vir almal van ons tye wat soos geestelike winters voel. Hierdie leesplan sal jou help om sin te maak van jou geestelike winters en te verstaan dat geestelike winters absoluut noodsaaklik is vir geestelike groei en vrugdra.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com