Soekend na God in AanbiddingVoorbeeld

Seeking God in Worship

DAG 7 VAN 8

As jy dit nie alreeds gedoen het nie, is dit tyd om die orkes aan die gang te kry! God hou daarvan dat sy kinders Hom met vreugde aanbid. Aanbid Hom dwarsdeur die dag met musiek, sang, dans, uitroepe, of wat ook al vir jou gepas is. Verheug jou in die God van jou verlossing!

Ons gesin aanbid met dans- en musiek-DVD's. Ons sing, spring, hardloop, en soms sit ons net om die tafel en gesels oor God. Dit kan alles aanbidding wees. Hoe sal jy God vandag aanbid?
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Seeking God in Worship

God is verborge, ewig, onsterflik, onsigbaar, die enigste God. Ons lewens kan egter alledaags, vervelig en koud word. Hierdie ag-dae studie sal jou eerbiedige ontsag teenoor ons Skepper vernuwe en jou aanbidding meer diepgaande, spontaan en eg laat word. Verken die wonder van die aard van God en leer hoekom Hy ons onbeskaamde aanbidding en bewondering verdien! Hierdie leesplan is geskryf deur Amy Groeschel, en is deel van haar "SOAR with God" studie. Om voort te gaan met hierdie gratis "SOAR" Bybelstudie, gaan na www.SoarwithGod.com.

More

We would like to thank Amy Groeschel for this devotional. For more information, please visit: www.SoarwithGod.com