Soekend na God in AanbiddingVoorbeeld
Ons moet God aanbid wanneer ons goed voel en wanneer ons bedruk is!
Die woorde "berouvol" en "nederig" word vertaal uit Hebreeuse woorde wat beteken: "verpletter, gekneus, gebreek of depressief."
Wanneer ek regtig af voel, hou ek daarvan om na 'n stil plek te gaan en God te aanbid as my toevlug en die Een wat my kop weer oplig.
Ware aanbidding kom vanuit 'n opregte, nederige hart en 'n gebroke, toegewyde gees. 'n Hart wat in waarheid wandel en God se wette gehoorsaam uit liefde vir Hom. 'n Hart wat tot die besef gekom het dat buiten God, daar geen hoop is nie. Hy verdien ons alles — al ons hartsliefde, verstand se kapasiteit, veelvuldige emosies en fisieke krag!
Romeine 12:1-2 sê: "En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen."
Lees 1 Kronieke 29 en sien hoe aanbidding 'n algehele lewenswyse is.
Op watter maniere reageer jy op God in aanbidding? Dink na oor hierdie vraag. Oorweeg om jou gedagtes neer te skryf.

Aangaande hierdie leesplan
God is verborge, ewig, onsterflik, onsigbaar, die enigste God. Ons lewens kan egter alledaags, vervelig en koud word. Hierdie ag-dae studie sal jou eerbiedige ontsag teenoor ons Skepper vernuwe en jou aanbidding meer diepgaande, spontaan en eg laat word. Verken die wonder van die aard van God en leer hoekom Hy ons onbeskaamde aanbidding en bewondering verdien! Hierdie leesplan is geskryf deur Amy Groeschel, en is deel van haar "SOAR with God" studie. Om voort te gaan met hierdie gratis "SOAR" Bybelstudie, gaan na www.SoarwithGod.com.
More
We would like to thank Amy Groeschel for this devotional. For more information, please visit: www.SoarwithGod.com