Soekend na God in AanbiddingVoorbeeld

Seeking God in Worship

DAG 3 VAN 8

Jesus het oor Jerusalem geween en gerouklaag: "As jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor" (Lukas 19:42).

Ek wonder ... Ek wonder tot watter mate sal ons, wat Christus volg, dit mis om Hom te sien vir alles wat Hy is en alles "wat Hy bestem het vir dié wat Hom liefhet" (Efesiërs 1:18-20). As ons 'n groter openbaring van Hom gehad het, watter soort aanbidding sou daaruit voortvloei? Mag dit nooit gebeur dat die rotse ooit in lof moet uitroep nie!

Ek het 'n lys gemaak van die vorms van aanbidding in Lukas 19.
Aanbidding is aan Jesus gegee deur: volledige en onmiddellike gehoorsaamheid, godvresende eer en vreugdevolle uitroepe van lof.

O, ontsagwekkende Vader, maak ons geestelike oë oop en gee ons 'n groter begrip van u glorieryke en ongeëwenaarde waarde!
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Seeking God in Worship

God is verborge, ewig, onsterflik, onsigbaar, die enigste God. Ons lewens kan egter alledaags, vervelig en koud word. Hierdie ag-dae studie sal jou eerbiedige ontsag teenoor ons Skepper vernuwe en jou aanbidding meer diepgaande, spontaan en eg laat word. Verken die wonder van die aard van God en leer hoekom Hy ons onbeskaamde aanbidding en bewondering verdien! Hierdie leesplan is geskryf deur Amy Groeschel, en is deel van haar "SOAR with God" studie. Om voort te gaan met hierdie gratis "SOAR" Bybelstudie, gaan na www.SoarwithGod.com.

More

We would like to thank Amy Groeschel for this devotional. For more information, please visit: www.SoarwithGod.com