Soekend na God in AanbiddingVoorbeeld
Hierdie vrou het Jesus gevra oor die regte plek om te aanbid. Jesus het verduidelik dat sy ware aanbidders Hom in gees en in waarheid aanbid — die waarheid dat Jesus Christus die gesalfde en enigste Seun van die een, ware God is, die God van die hele skepping en die God van Abraham, Isak en Jakob (God van die Jode). Enige vorm van aanbidding buite "gees en waarheid" is valse aanbidding. Ware aanbidding word uitsluitlik gevind in die verheffing van Jehovah, die een ware God van die heelal! Hy alleen is waardig! Hy is Gees. God kan nie beperk word om slegs lof op 'n spesifieke, fisieke plek te ontvang nie. Dis belaglik, nè? Maar is dit nie wat baie mense vandag doen nie? Vir baie beteken "om kerk toe te gaan" om 'n tyd en plek vir aanbidding opsy te sit en die res van hul week deur te gaan daarsonder.
Waar en hoe hou jy daarvan om God te aanbid? Het jy jou aanbidding beperk tot 'n sekere plek of aktiwiteit? Miskien is dit tyd om die lewenswyse van 'n ware aanbidder uit te leef.
Waar en hoe hou jy daarvan om God te aanbid? Het jy jou aanbidding beperk tot 'n sekere plek of aktiwiteit? Miskien is dit tyd om die lewenswyse van 'n ware aanbidder uit te leef.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God is verborge, ewig, onsterflik, onsigbaar, die enigste God. Ons lewens kan egter alledaags, vervelig en koud word. Hierdie ag-dae studie sal jou eerbiedige ontsag teenoor ons Skepper vernuwe en jou aanbidding meer diepgaande, spontaan en eg laat word. Verken die wonder van die aard van God en leer hoekom Hy ons onbeskaamde aanbidding en bewondering verdien! Hierdie leesplan is geskryf deur Amy Groeschel, en is deel van haar "SOAR with God" studie. Om voort te gaan met hierdie gratis "SOAR" Bybelstudie, gaan na www.SoarwithGod.com.
More
We would like to thank Amy Groeschel for this devotional. For more information, please visit: www.SoarwithGod.com