Ontdek Die Grootste GewerVoorbeeld
Dag 15: Die doel van God se grootste gawe
"Wanneer ons bid vir die Heilige Gees se hulp is dit om in ons swakheid by die Here se voete neer te val. Daar sal ons die oorwinning en krag vind wat uit sy liefde kom" — Andrew Murray.
Die lys van die moontlikhede wat kan plaasvind wanneer iemand die Heilige Gees ontvang is byna oneindig. Die Heilige Gees kan ʼn hulp wees vir iemand wat hulp nodig het, krag gee vir iemand wat swak is, lei wanneer iemand verlore is, onderrig wanneer iemand insig nodig het, wysheid wanneer iemand onkundig is, bemoedig wanneer iemand moedeloos is, ensovoorts.
ʼn Ander rede is om ʼn intieme en lewende verhouding tussen die gelowige en God te bewerkstellig. Die Heilige Gees help ons om te verstaan wie God is en hoe die Bybel op ons lewe van toepassing is. Dit help ʼn gelowige op die pad van geestelike groei en heiligmaking.
ʼn Volgende rede is sodat alle gelowiges ten alle tye Christus se teenwoordigheid by hulle kan hê. Jesus se fisieke teenwoordigheid op aarde was beperk tot een plek op ʼn slag. Nou het ons ten alle tye die seën van sy teenwoordigheid by ons! Die Heilige Gees bemagtig ons ook om die getuienis uit te leef van God se verlossingskrag in ons lewens.
Ons doel op aarde is om eer aan God te gee, Jesus te vergroot en die evangelie te verkondig. Die Heilige Gees gee ons krag om dit te doen.
Ons kan nog tientalle redes opnoem hoekom die Heilige Gees een van die belangrikste geskenke is wat ʼn mens van God kan ontvang. Uiteindelik is die Heilige Gees tot beskikking van elke persoon wat daarvoor vra.
In Lukas 11:13 (AFR53) sê Jesus: “As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?”
Oordink die volgende Skrifgedeelte uit Romeine 15:13 en skryf wat dit vir jou beteken:
Aangaande hierdie leesplan
Vrygewigheid is duidelik ʼn karaktereienskap van God wat regdeur die Bybel beskryf word. Geskiedenis getuig van die vrygewige God wat nooit moeg raak om te gee nie ... Daar is so baie om te verken wat Hy spesifiek aan ons almal gee en hoe ons dit in geloof kan ontvang. In hierdie Paasfees-leesplan word daar gefokus op die ongeëwenaarde goedheid en grootheid van God as dié grootste gewer ooit.
More
Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.learnandlead.co.za/