Almal Wat Uitgeput is: God Is By MyVoorbeeld

All Who Are Weary: God Is With Me

DAG 8 VAN 8

God is by My in die Vallei

"Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
Hy laat my rus in groen weivelde.
Hy bring my by waters waar daar vrede is.
Hy gee my nuwe krag.
Hy lei my op die regte paaie
tot die eer van sy Naam.
Selfs al gaan ek
deur donker dieptes,
sal ek nie bang wees nie,
want U is by my.
In u hande is ek veilig"
(Psalm 23:1-4).

Die Belofte: God is by my in die vallei.

In watter vallei bevind jy jouself? Waar groei die skadu's? Jou goeie herder stap saam met jou en lei jou na 'n plek van rus. Hy waak oor jou met ywer en aandag en vervang wat verlore was. Sy weë en sy hart vertroos jou midde-in die chaos; met Hom as jou metgesel, kan jy voortgaan om jou probleme die hoof te bied.

Aanbiddende Afwagting:

Psalm 23 deur Karissa Frampton

Probeer Die Volgende: Joernaal

Trek 'n splinternuwe of 'n verslete joernaal nader. Neem dit na buite of sit by 'n helder venster, enige plek met 'n mooi en rustige uitsig met goeie natuurlike beligting. Verwyder die pen se doppie en skryf 'n paar gedagtes op die papier neer. Deel jou gedagtes, jou vrese, jou hoop. Maak dit persoonlik en rig dit aan Jesus. Vertel Hom hoe en wat jy voel en vra dat Hy jou daar ontmoet.

Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

All Who Are Weary: God Is With Me

Dit is die eerste week van 'n reeks van sewe weke wat jou deur die stryd met angs gaan lei, terwyl jy vashou aan Bybelse waarhede en God se beloftes. Hierdie 8-dag leesplan verskaf bemoediging en praktiese toepassings wat jou hart en denke in ooreenstemming met die liefde van Jesus sal bring, selfs te midde van angs. Hierdie week se belofte: God is by my.

More

Baie dankie aan Sarah Freymuth / Awake Our Hearts wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://sarahfreymuth.com/