Almal Wat Uitgeput is: God Is By MyVoorbeeld

Jesus is Altyd by My
“Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (Matteus 28:20b).
Die Belofte: Jesus is altyd by my.
Jesus beloof sy teenwoordigheid tot die voleinding van die wêreld. Hy neem nie 'n ruskans vir 'n paar jaar of staan vir 'n wyle terug nie. Hy is volkome toegewyd aan jou en sal nooit 'n blaaskans neem in soverre dit betref om jou lief te hê en by jou te wees in tye van vrees of onsekerheid nie. Jesus bedoel dit opreg wanneer Hy vir jou fluister: "Ek is altyd by jou."
Aanbiddende Afwagting:
"Christ the Lord is with Me" deur Stephany Gretzinger
Probeer Die Volgende: Wees buite
Sit buite. Iewers waar dit stil is. Moontlik kan jy die voëls hoor of die geritsel van die wind. Skenk aandag aan die lied van die natuur en voel die ligte briesie van die wind op jou vel. Kyk hoe 'n boom se takke in die wind wieg en by die aarde se ritme aanpas. Hierdie natuurlike ritme kan jou gedagtes en hartklop geleidelik rustiger maak.
Aangaande hierdie leesplan

Dit is die eerste week van 'n reeks van sewe weke wat jou deur die stryd met angs gaan lei, terwyl jy vashou aan Bybelse waarhede en God se beloftes. Hierdie 8-dag leesplan verskaf bemoediging en praktiese toepassings wat jou hart en denke in ooreenstemming met die liefde van Jesus sal bring, selfs te midde van angs. Hierdie week se belofte: God is by my.
More