Almal Wat Uitgeput is: God Is By MyVoorbeeld

All Who Are Weary: God Is With Me

DAG 4 VAN 8

Ek is Intiem Gevorm en Raakgesien

"... geen been van my was vir U verborge
toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie,
toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.
U het my al gesien toe ek nog ongebore was,
al my lewensdae was in u boek opgeskrywe
nog voordat ek gebore is" (Psalm 139:15-16).

Die Belofte: Ek is Intiem Gevorm en Raakgesien.

Jy is met 'n doel geskep. Selfs die geneigdheid om bekommerd te wees of te wonder oor elke stap van die plan voordat dit in werking gestel is. Jy is ontwerp met grootse voornemens, en God het geen fout gemaak toe Hy jou aanmekaar geweef het nie. Hierdie God wat jou intiem gevorm het ken jou ook intiem. Jy kan Hom vertrou om na jou om te sien.

Aanbiddende Afwagting:

"Enclosed by You" deur Josh Garrels

Probeer Die Volgende: Raak Kunstig

Wend 'n poging aan om die toneel te skets wat voor jou is. Dit kan boeke op jou koffietafel wees of die kussings op jou bed. Dit kan die tuin buite jou venster wees of 'n geliefde wat op die rusbank ontspan. Neem 'n stukkie papier, 'n potlood of selfs kleurpotlode om die tekening mee op te helder. Begin net teken; dit maak nie saak hoe dit lyk nie; laat net jou hand toe om oor die bladsy te beweeg.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

All Who Are Weary: God Is With Me

Dit is die eerste week van 'n reeks van sewe weke wat jou deur die stryd met angs gaan lei, terwyl jy vashou aan Bybelse waarhede en God se beloftes. Hierdie 8-dag leesplan verskaf bemoediging en praktiese toepassings wat jou hart en denke in ooreenstemming met die liefde van Jesus sal bring, selfs te midde van angs. Hierdie week se belofte: God is by my.

More

Baie dankie aan Sarah Freymuth / Awake Our Hearts wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://sarahfreymuth.com/