Almal Wat Uitgeput is: God Is By MyVoorbeeld
![All Who Are Weary: God Is With Me](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F43679%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Jesus Kalmeer My Vrese
"Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê: 'Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie'" (Matteus 14:27).
Die Belofte: Jesus kalmeer my vrese.
Net soos die dissipels op stormagtige waters gevaar het, kan 'n reënbui van uitdagings op jou hart en denke uitsak. Wees gerus! Midde-in die mistigheid en golwe, verskyn Jesus om by jou te wees. Hy verseker jou onmiddellik dat Hy op pad is; dat Hy hier is. Wanneer ons ons vrese aan Hom erken, verskyn Hy met verligting en krag. Wees gerus; Jesus is hier.
Aanbiddende Afwagting:
"You’re Gonna Be OK" deur Jenn Johnson
Probeer Die Volgende: Musiek Uitvoering
Woon 'n musiekuitvoering by — 'n konsert, musiek by 'n kafee of lofprysing by die kerk. Laat die instrumente jou toevou, laat die kunstenaars se stemme jou aanraak en laat die lirieke oor jou spoel. Daar is iets unieks daaraan om saam met ander byeen te kom in 'n gedeelde ruimte om na talentvolle musikante te luister wat jou na 'n kalmerende plek neem; dit word dikwels 'n geestelike ervaring wanneer jy waardering het vir die bekoring van die klanke wat God geskep het.
Aangaande hierdie leesplan
![All Who Are Weary: God Is With Me](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F43679%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dit is die eerste week van 'n reeks van sewe weke wat jou deur die stryd met angs gaan lei, terwyl jy vashou aan Bybelse waarhede en God se beloftes. Hierdie 8-dag leesplan verskaf bemoediging en praktiese toepassings wat jou hart en denke in ooreenstemming met die liefde van Jesus sal bring, selfs te midde van angs. Hierdie week se belofte: God is by my.
More