Almal Wat Uitgeput is: God Is By MyVoorbeeld
![All Who Are Weary: God Is With Me](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F43679%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die God van Vrede is in My Midde
"God wat vrede gee, sal by julle almal wees! Amen" (Romeine 15:33).
Die Belofte: Die God van vrede is in my midde.
Die God van vrede, kalmte, troos en alles wat goed is, is naby aan jou. Jy kan 'n paar asemteue neem en berus in die waarheid dat die God van vrede na jou uitreik en sy vrede vir jou hart, verstand, liggaam en gees aanbied. Ontvang dit wat Hy begeer om aan jou te skenk. Vind rus in sy nabyheid, sy sorg en sy genesende vrede.
Aanbiddende Afwagting:
"Good Things" deur SEU Worship
Probeer Die Volgende: Steek 'n Kers aan
Koop 'n splinternuwe kers of krap 'n gebruikte een uit waar hy iewers diep in 'n laai vergete gebly het. Neem 'n vuurhoutjie uit die pakkie, stryk dit teen die kant en kyk hoe die kop ontbrand. Laat die vuurhoutjie vir 'n oomblik brand en kyk hoe die vlam flikker. Hou dit dan naby die kerspit en kyk hoe die pit vlam vat. Laat jou sintuie gestreel word deur die kalmerende aroma wat deur die vertrek dwarrel, die sagte, flikkerende lig wat uitgestraal word en die bekoring van die kers se dansende vlam.
Aangaande hierdie leesplan
![All Who Are Weary: God Is With Me](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F43679%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dit is die eerste week van 'n reeks van sewe weke wat jou deur die stryd met angs gaan lei, terwyl jy vashou aan Bybelse waarhede en God se beloftes. Hierdie 8-dag leesplan verskaf bemoediging en praktiese toepassings wat jou hart en denke in ooreenstemming met die liefde van Jesus sal bring, selfs te midde van angs. Hierdie week se belofte: God is by my.
More